Categories: Artikels, WielePublished On: 25th April 2022

2022 Isuzu D-Max: Nommer 7 uiteindelik hier

By 5 min read
898 words

D-MAX 3.0 Ddi Double Cab V-Cross 4×4 A_T – 11_1800x1800

Deur Dirk Gallowitz van Ultimate Drive

Isuzu-bakkie liefhebbers in Suid-Afrika moes lank wag, maar die sewende geslag van die gewilde D-Max, voorheen die KB, is uiteindelik plaaslik bekendgestel.

Soos voorheen sal drie bakvorms beskikbaar wees, naamlik ‘n enkelkajuit, ’n “Extended Cab” en ‘n dubbelkajuit.

Die 2022 reeks word plaaslik met twee enjinkeuses beskikbaargestel:  ’n Heelnuwe 1,9 liter diesel asook die bestaande 3 liter diesel. Die 1,9 liter turbo-dieselenjin lewer 110 kW teen 3 600 rpm met ’n piek wringkrag van 350 Nm wat tussen 1 800 en 2 600 rpm beskikbaar is.

Die bestaande drieliter turbodieselenjin uit vorige geslag D-Max is omvattend hersien vir die nuwe model, nou met laer skadelike uitlaatgasse en beter brandstofgebruik. Van die verbeteringe is die nuwe turbo-aanjaer met verhoogde turboreaksie en gebruik ‘n meer doeltreffende, lae-wrywingontwerp wat grootliks bydra dat die enjin nou 140 kW (10kW meer) teen 3 600 rpm met  450 Nm ( 70Nm meer) piek wringkrag tussen 1 800 en 2 800 rpm bied. Die nuweling kom met ‘n keuse van ‘n hand- of outomatiese ratkas met ses gange elk.

Vir die 2022 D-Max-reeks het Isuzu splinternuwe afwerkingsvlakke gekies.

Die enkelkajuit bied die keuse tussen ‘n standaardmodel en ‘n L, en is net met die 1,9 liter enjin beskikbaar.  Die standaardmodel word met die volgende kenmerke toegerus: staalwiele met 205R 16C -bande, ‘n AM/FM-radio met ‘n CD-speler en Bluetooth-verbinding, ‘n USB-kragpunt, handbeheerde lugversorging en materiaalbekleedsel vir die sitplekke. Die L, wat beskikbaar is as ‘n 4×2 en ‘n 4×4 en die keuse van die hand- of outomatiese ratkas bied, voeg die volgende kenmerke by: Sentrale sluiting met afstandbeheer, staalwiele met 255/65 R 17-bande, elektriese vensters, ‘n veelfunksiestuurwiel en ‘n middelkonsole tussen die sitplekke met ‘n deksel.

Die Extended Cab is beskikbaar as ‘n standaardmodel, asook ‘n L, LS en LSE. Die standaardmodel en die L is net met die 1,9 liter-enjin en handratkas beskikbaar. Die LS is ook net met die 1,9 liter-enjin beskikbaar, maar met die keuse van die hand- of outomatiese ratkas. Die LS se bykomende kenmerke sluit die volgende in: ‘n Seweduim raakskerm met Android Auto en Apple Car Play, Wi Fi-verbinding, ‘n USB-kragpunt agter in die kauit, ‘n veelfunksiestuurwiel wat met leer oorgetrek is, asook ‘n oorhoofse konsole met kaartleesliggies en plek vir ‘n sonbril. Die buiteafwerking van die LS bevat kleurgekodeerde deurhandvatsels, kleurgekodeerde stampers voor en agter, halogeen-kop- en dagryligte en misligte asook ‘n metaalgrys sierrooster en swart kanttrappies.  Die LSE is net met die drieliterenjin en outomatiese ratkas beskikbaar en bied die keuse tussen ‘n 4×2 en 4×4. Die LSE se bykomende kenmerke sluit die volgende in: ‘n chroom-sportstaaf agter die kajuit, chroomafwerking vir die buitespieëls,deurhandvatsels en sierrooster, ‘n rolstaaf  en dakspore  asook ‘n negeduim-raakskerm en outomatiese dubbelsone-klimaatbeheer.

Die meerderheid van die reeks is dubbelkajuite en die volgende  modelle is beskikbaar: Drie L-modelle, vier LS-modelle, twee LSE-modelle asook ‘n nuwe vlagskip, naamlik die V-Cross waarvan twee weergawes, naamlik ‘n 4×2 en 4×4 met die outomatiese ratkas beskikbaar is. Die L is beskikbaar as ‘n 4×2 of 4×4 met die outomatiese ratkas of ‘n 4×4 handrat. Die LS bied albei enjinkeuses; daar is ‘n 1,9 liter 4×2 handrat en outomaties, asook ‘n drieliter 4×4 met die keuse van albei ratkaste. Die LSE en V-Cross is net beskikbaar met die drieliterenjin en die outomatiese ratkas, maar voornemende kopers kan tussen ‘n 4×2 en 4×4 kies.

Die V-Cross is die nuwe vlagskip van die reeks en bied die volgende bykomende kenmerke: donkergrys agttienduim-allooiwiele, donkergrys afwerking vir die deurhandvatsels, voorstamper, uitgeboude modderskerms, sierrooster en sportstaaf asook grys kanttrappies. Aan die binnekant is daar leerbekleedsel en voorsitplekke met agt elektriese verstellings, klavierswart afwerking vir die binneruim en ‘n digitale instrumentepaneel wat volgens die bestuurder se behoeftes aangepas kan word.

Die nuwe D-Max is baie veiliger as sy voorgangers en die volgende kenmerke is standaardtoerusting, selfs vir die intreemodelle: ABS-remme met noodremhulp en elektroniese remkragverspreiding, wegtrek- en afdraandehulp, sleepswaaibeheer en twee lugsakke.

Die L-modelle word met presies dieselfde kenmerke toegerus, maar ‘n alarmstelsel met afstandbeheerde sentrale sluiting word bygevoeg, asook ISOFIX-hegpunte vir die agtersitplekke van die dubbelkajuit.  Die LS spog met ‘n trukamera, agterste parkeersensors en sewe lugsakke.

Die LSE voeg die volgende kenmerke by: ‘n banddrukmonitor, ‘n blindekolmonitor, ‘n agterste dwarsverkeermonitor, sleutellose toegang met ‘n aansitknoppie asook outomatiese ruitveërs en outomatiese ligdiode-kopligte. Die V-Cross doen sy reputasie as vlagskipmodel gestand deurdat ‘n intelligente bestuurshulpstelsel standaardtoerusting is: Hierdie stelsel bevat onder meer die volgende kenmerke: ‘n Stereo-kamera met radartegnologie, voorbotswaarskuwing, outonome noodremhulp, aanpasbare spoedbeheer, ‘n stelsel wat moegheid by die bestuurder bespeur, baanhouhulp, baandwaalwaarskuwing en aanpasbare spoedbeheer. Daar is ook ‘n veelvuldige botsremstelsel wat as Multi Collision Brake bekendstaan; die remme word dadelik geaktiveer sodra die lugsakke ontplooi word; dit verhinder ook dat die voorste insittendes se koppe aanmekaar raak.

Pryse vir die 2022 Isuzu D-Max reeks, wat ‘n waarborg van vyf jaar of 120 000 km en ‘n diensplan van 90 000 km insluit, is as volg:

EnkelkajuitPrys
1.9 Ddi HRR401 700
1.9 Ddi HR LR421 000
1.9 Ddi HR L OutoR439 200
1.9 Ddi 4×4 L HRR506 200
1.9 Ddi 4×4 L OutR528 800
  
Extended Cab 
1.9 Ddi HRR 433 600
1.9 Ddi HR LSR477 000
1.9 Ddi HR LS OutoR496 200
3.0 Ddi HR LSE OutoR595 100
3.0 Ddi 4×4 LSE OutoR670 300
  
Dubbelkajuit 
1.9 Ddi HR LR498 900
1.9 Ddi HR L OutoR517 100
1.9 Ddi HR LSR520 800
1.9 Ddi HR LS OutoR537 500
1.9 Ddi 4×4 L OutoR575 900
1.9 Ddi 4×4 LS OutoR629 300
3.0 Ddi HR LSER716 400
3.0 Ddi 4×4 LS HRR679 400
3.0 Ddi 4×4 LS OutoR697 200
3.0 Ddi 4×4 LSE OutoR771 100
3.0 Ddi V-Cross HR A/TR760 100
3.0 Ddi Double Cab V-Cross 4×4 A/TR814 700
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0