2021 Bakkie-oorsig Toyota Hilux – Bakkie van die Jaar
deur Dirk Gallowitz, groepredakteur van Ultimate Drive Media
2021 was ՚n moeilike jaar in die motorbedryf. Suid-Afrika is ՚n bakkie-mal land en sy gunsteling voertuig, die 1-ton dubbelkajuitbakkie, het ardnekkig met verkope voortgebeur.
Die gewildste bakkie in terme van verkope, het tussen die Ford Ranger en Toyota se Hilux gewissel. Ford, in afwagting van die nuwe Ranger wat in 2022 plaaslik verwag word, probeer kliphard om verkope met verskillende “spesiale” modelle te stimuleer, maar is besig om effens stoom te verloor.
Die Hilux is in November ook effens verfris en verkope bly sterk. Die Hilux is ons bakkie van die jaar vir 2021. As voorsitter van die SA Gilde van Motorjoernaliste se gesaghebbende Motor van die Jaar-kompetisie, was dit insiggewend om te sien hoe gewild en gerespekteerd die 2021 Hilux Legend 50 onder die ervare span jurielede was toe die finaliste vir die 2021-kompetisie finaal beoordeel moes word.
Die Hilux het nie net sy kategorie gewen nie, maar almal verstom om in die tweede plek algeheel te eindig. Dit is die eerste maal in die 35 jaar van SACOTY se bestaan dat ՚n bakkie so hoog in die kompetisie eindig. Welverdiend ook, maar die Hilux is immers deel van ՚n legendariese nalatenskap.
Isuzu se X-Rider bly steeds fluks verkoop en groot afwagting heers vir 2021 Bakkie-oorsig die nuwe D-Max wat volgende jaar sy plaaslike debuut sal maak.
Volkswagen se peperduur V6 Amarok bly die leier wat paddinamika en verfyndheid betref.
Peugeot se Landtrek is ՚n aangename verrassing en so ook GWM se P-reeks. Wat ՚n pragtige bakkie is die nuwe Navara nie en net so bekwaam in die veld as op die pad. Kom ons hoop verkope onderstreep sy waarde.
Die Mazda BT-50 wat met die nuwe Isuzu se enjin en ratkas loop, is effens van ՚n buiteperd. Bougehalte en afwerking is tipies dit waaraan Mazda-eienaars in Suid Afrika gewoond is.
Die Ultimate Drive-span waaronder ekself, Johann van Tonder, Richard Wiley en Gerrie Smit, bied altesaam byna 100 jaar se motorjoernalistieke ervaring en ons is trots om jaarliks die ProAgri bakkie-oorsig vir jou te bring.
2021 Toyota Hilux Legend: Die beste nou selfs beter
Gallowitz. Die Toyota Hilux is na meer as ՚n halfeeu in Suid-Afrika die mees suksesvolle voertuigverkoper nog. Ten spyte van die COVID 19-pandemie en gepaardgaande streng en uitgerekte inperking, het verkope nie net konstant gebly nie, maar selfs toegeneem.
Die SA Gilde van Motorjoernaliste het ook ՚n veertjie in die Hilux se hoed gesteek toe hulle die 2021 Hilux 2.8 GD6 Dubbelkajuit aangewys het as kategoriewenner en algehele naaswenner in die gesaghebbende Suid- Afrikaanse Motor van die Jaar vir 2021. Voorwaar ՚n prestasie vir ՚n bakkie!!
Toyota het so pas sekere opgraderings aan die Hilux-reeks aangekondig. Die vlagskipmodel Legend dubbelkajuit 4×4 Outomatiese modelle kom byvoorbeeld nou as standaard toegerus met leerbekleedsel, ՚n JBL premium-klankstelsel en Toyota Safety Sense (TSS) aktiewe veiligheidstelsel.
Met die insluiting van Android Auto/ Apple CarPlay by alle modelle wat met ՚n klankstelsel toegerus is, word SatNav wat op sekere modelle ingesluit was, nie meer beskikbaar gemaak nie aangesien kopers toegang tot satellietnavigasie verkry met slimfoontoepassings soos GoogleMaps, Apple Maps en Waze, wat dan deur die bakkie se klankstelsel en raakskerm vertoon word.
Toyota se nuwe generasie 2,8 GD-6-enjin lewer steeds 150 kW piekverrigting wat beskikbaar is tussen 3 000 en 3 400 opm. Maksimum wringkrag bly 500 Nm by outomatiese weergawes en is beskikbaar tussen 1 600 en 2 800 opm.
Veiligheid in die Hilux is steeds ՚n groot prioriteit en Toyota se Safety Sense-stelsel is in die Hilux beskikbaar en as standaardtoerusting by die Legend 4×4-modelle. Die stelsel sluit onder meer waarskuwings in om botsings te vermy, asook wanneer daar van bane verwissel word sonder om flikkerligte te gebruik. Aanpasbare spoedbeheer, lugsakke, ISOFIX-hegpunte vir die agtersitplekke, ABS-remme met oodremhulp, elektroniese remkragverspreiding, stabiliteitsbeheer, anti-swaaibeheer wanneer daar gesleep word, asook afdraandremhulp vir die 4×4-modelle, is steeds deel van die veiligheidstelsels by die opgedateerde model.
Eienaars kan steeds Wi-Fi-toegang in die voertuig geniet met Toyota Connect, wat 15 GB komplimentêre data insluit. Sodra ՚n klant sy profiel op die bakkie se stelsel gekoppel het, kan hy die voertuig deur middel van die My Toyota-toep beheer en ook diensbesprekings doen, voertuiginligting bekyk en data-opsporing doen. Daar is selfs ook die moontlikheid om die voertuig se lisensie aanlyn te hernu.
Ons het die voorreg gehad om die topmodel Legend Dubbelkajuit 4×4 Outomaties deur ՚n strawwe en uitdagende 4×4-roete te neem en het eerstehands ervaar tot watter mate die Hilux steeds as ՚n legende in die veld deur kopers gereken word.
Die Toyota Hilux Legend is steeds die legende van weleer!
Prys:
Hilux 2.8 GD-6 4X4 LEGEND RS MT – R848 900
Hilux 2.8 GD-6 4X4 LEGEND RS AT – R882 400
՚n 9-diens/90 000 km diensplan is standaard by alle Hilux-modelle. Diensintervalle is elke 12 maande/10 000 km. ՚n 3-jaar/100 000 km waarborg is ook ingesluit.
Bykomende diens- en waarborgtydperke kan aangekoop word by die naaste Toyota-handelaar.
Isuzu D-Max 300 X-Rider dubbelkajuit 4×2 Outomaties: ‘n Eerlike bakkie
Isuzu Suid-Afrika sal die langverwagte nuwe Isuzu in 2022 plaaslik bekendstel, maar intussen verkoop die effens goedkoper X-Rider-modelle fluks.
Isuzu se bewese en betroubare 3,0-liter turbo-enjin is steeds ՚n juweel. Maksimum kraglewering van 130 kW is teen ՚n lae 3 600 opm beskikbaar. Vir gewone rytoestande is dié krag en hantering heel skaflik. Die volle maksimum wringkrag van 380 Nm is egter nodig as ՚n vrag gesleep word. Die 6-spoed outokas het sonder vrag gemaklik tussen 5de en 6de gedraf, maar met byna die maksimum sleepgewig van 3 500 kg agteraan, het die ratkas selde na 5de oorgeskakel, wat weer ՚n beduidende impak op die brandstofverbruik gehad het. Dit is ՚n uiterste toets, maar een wat die Isuzu wel geslaag het!
Passasiergerief bied onder meer klimaatbeheer, klank- en kommunikasiestelsels wat met Bluetooth-koppeling en via ՚n 8”-raakskerm beheer word. USB-koppelpunte en spoedbeheer is ingesluit.
Sleutellose toegang en aan-/afskakel, asook ՚n ultrasoniese alarmstelsel was ook handig. Vir passasierveiligheid laat sluitweerremme met elektroniese remkrag en -verspreiding, remhulp, elektroniese stabiliteitsbeheer met vastrapbeheer, heuwelwegtrek- en heuwel-afbeheer asook lugsakke voor vir sowel die bestuurder as die passasier die werkrit veilig en vlot verloop.
Die 2021 Model X-Rider het stowwerige, klipbesaaide plaaspaaie maklik baasgeraak danksy goeie grondvryhoogte en uitstekende veerstelsel. Ook in die veld was die X-Rider heel bekwaam met die ewenaarslot ingeskakel en ՚n gelaaide sleepwa agteraan. Die Isuzu-bakkie se stewige bakkonstruksie het moeilike terrein gemaklik hanteer en het enige uitdaging op ՚n eerlike manier baasgeraak.
Die X-Rider-modelle is tans Isuzu se topverkoper-leefstylbakkies en ding gunstig in sy marksegment mee teen soortgelyke bakkies van Ford en Toyota, met die pragtige stilering wat na ons mening die X-Rider beter laat vertoon as die mededinging.
Alle Isuzu D-MAX-modelle word verkoop met Isuzu Complete Care wat standaard insluit ՚n 5-jaar/120 000 km stamper-tot-stamperwaarborg, Isuzu padbystanddiens, ՚n 5-jaar/onbeperkte kilometer anti-roeswaarborg, asook ՚n 5-jaar/90 000 km diensplan. Ekstra dekking kan aangekoop word vir padbystanddiens, siensplan en die onderhoudsplan.
Prys:
D-Max 300 X-Rider dubbelkajuit 4×2 Outo – R590 300
2021 Nissan Navara: Eiegoed is goeie goed
Die nuwe Nissan Navara is nou eiegoed. Eg Suid-Afrikaans kan ons maar nou sê, want hierdie bakkie word nou in Rosslyn buite Pretoria by Nissan se aanleg gebou nadat Nissan SA ՚n fris som geld in ՚n nuwe aanleg belê het.
Nissan SA het die nuweling plaaslik aan omvattende strawwe toetse onderwerp en ook omvattend toegerus om die bakkie vir Suid-Afrikaanse toestande en kliëntevoorkeure geskik te kry. Die forse neusontwerp, moderne sierwielontwerp en groot bande laat die bakkie hoog op sy wiele en aggressief vertoon, en ՚n dieper laaibak wat nou net meer as ՚n ton kan laai, dra by tot die “groter” voorkoms.
Onder die enjinkap is die vorige model se 2,3-liter biturbo vervang met ՚n meer verfynde 2,5-liter enjin met ՚n enkele turbo-aanjaer wat 140 kW en 450 Nm se piekkragte lewer. Nissan se amptelike brandstofverbruik word aangegee as 8,1 ℓ/100 km.
Binne is die netjiese, ruim kajuit aantreklik uitgelê en goed afgewerk. Selfs die oppervlaktes wat met harde plastiek bedek is, vertoon smaakvol.
Nissan het sy huiswerk goed gedoen en die nuweling is opmerklik beter toegerus as die uitgaande model, met geriefsfunksies wat kopers graag in hulle dubbelkajuit-gesinswa sal wil hê. Kopers kry nou vier USB-koppelpunte asook ՚n 12V kragpunt. Android Auto-en Apple Carplay-skakeling kan met kabels of Bluetooth gedoen word en op die sentraalgemonteerde kleurinforaakskerm vertoon word.
In geheel het die 2021 Nissan Navara ons beïndruk en bied ՚n welkome alternatief in ՚n hoogs mededingende segment. Dis hier waar eiegoed goeie goed gaan raak.
Op die pad was die kajuit opmerklik geïsoleer van wind-, pad- en enjinge-raas, selfs teen meer as hoofwegspoed. Ek wil my verstout om te sê ek dink hier is die Nissan klasleidend. Die enjin is verbasend stil vir ՚n diesel en reageer lewendig en kragtig as jy vet gee.
Die 7-gang outokas was perfek in harmonie met die enjin, wat vir ՚n aangename ry-ervaring sorg. Die onderstel en veerstelsel is ook verbeter met die stuurgevoel wat vertroue ingeboesem het deur die knap draaie van ՚n sopnat Franschhoek-pas. Ook op die grondpaaie en in 4×4 modus het die Pro4X ons beïndruk. Die nuweling kan ook nou ՚n vrag van tot 3 500 kg sleep. Ons kon dit toets en bewys met ՚n dubbelaswa, volgelaai met 2,5 ton perdevoer. Die Pro4X topmodel wat ons getoets het, het die vrag gemaklik hanteer. Na ons mening is dit tans die mooiste dubbelkajuitbakkie in Suid-Afrika.
Die 2021 Suid-Afrikaans geboude Navara se pryse wissel van R316 700 vir die intree-enkelkajuitmodel tot R749 000 vir die topmodel Pro 4×4 dubbelkajuit. Ingesluit by die prys kry die koper ՚n 6-jaar/150 000 km waarborg en ՚n 6- jaar/90 000 km diensplan.
2021 Peugeot Landtrek: ‘n Aangename verrassing met Franse sjiek
In die 1960s en 1970s was die Peugeot 403 en 404-bakkies uiters gewild in Suid-Afrika; die 404 was trouens die eerste bakkie wat in Suid-Afrika met ՚n dieselenjin bekendgestel is. Verstommend genoeg vervaardig Peugeot al bakkies sedert die 1930s!
Ons het vroeg in November die Peugeot Landtrek se Suid-Afrikaanse bekendstelling bygewoon en die Franse bakkie het ons aangenaam verras.
Die stilering is mooi op die oog en die afwerking, bougehalte en ontwerp sal sukses verseker in enige ander land in die wêreld, maar Suid-Afrikaanse bakkiekopers is erg handelsmerkbewus en -lojaal.
Aangesien Peugeot die 1-tonmark in derdewêreldmarkte wil ontgin, gaan hy nie die Landtrek in Europa of Noord-Amerika verkoop nie. Juis om nader aan sy Asiatiese en Afrika-afsetpunte te wees, het hy sy Sjinese motorfiliaal, Changan, nader geroep om die bakkie onder Peugeot se toesig in die Wuhan-aanleg te bou en Franse bougehalte te verseker.
Die Landtrek se filosofie fokus meer op werkesel as leefstyluitstappies, tog is die twee dubbelkajuitweergawes, naamlik die 4×2 Allure en 4Action4 trek-model (met lae strek) wat tans in Suid-Afrika te koop is, juis op die leefstylkoper gemik en hulle is derhalwe luuks afgewerk en omvattend toegerus vir gerief en gemak. Peugeot beplan later ook werkesel-enkelkajuitmodelle as die verkope na wense verloop.
Die vervaardiger het die Landtrek behoorlik oor meer as 2-miljoen kilometer in alle weerstoestande en onder alle moontlike omstandighede getoets ten einde betroubaarheid en taaiheid te verseker.
Die buite-ontwerp skakel by Peugeot se huidige ontwerprigting in en daar is ՚n groot leeu-kenteken op die neus. Topmodelle het vertikale LUD-dagryligte.
Binne is die kajuit verrassend ruim, prakties bedink, uitstekend ontwerp en uiters smaakvol afgewerk met baie hoë vlakke van standaard gerief- en veiligheidstoerusting. Ek wil my verstout om die Landtrek se topmodelle onder die eerste drie beste kajuite te plaas tussen die huidige dubbelkajuitbakkies tans beskikbaar.
Die agtersitplek in die dubbelkajuit modelle kan in ՚n 60/40- of ՚n 50/50-verhouding verdeel word en wanneer dit platgevou is, kan dit ՚n massa van tot 100 kg ondersteun. Die agtersitplekke bevat ook twee ISOFIX-hegpunte. Daar is ook altesaam 27 liter bêreplek vir los goedere. Sommige modelle het plek vir altesaam ses insittendes en sewe handvatsels in die passasierskajuit maak toegang makliker.
Onder die veiligheidskenmerke wat standaardtoerusting is, is elektroniese stabiliteit- en vastrapbeheer, afdraandehulp en sleepswaaibeheer wat die stabiliteitsbeheer laat inskop sodra die woonwa of sleepwa wat gesleep word, begin swaai. Sommige modelle het ook ՚n hoorbare en sigbare baandwaalwaarskuwing. Daarby is een tot vier kameras beskikbaar, asook ՚n veldrykamera in die passasier se buitespieël wanneer hindernisse of smal terrein aangedurf word. Dit kan outomaties geaktiveer word wanneer hindernisse bespeur word. Grondvryhoogte is 230 mm en waaddiepte 600 mm.
Albei modelle het dieselfde 1,9- liter turbodieselenjin wat 110 kW en 350 Nm lewer en wat aan ՚n Getraghandratkas met ses gange gekoppel is. Die 4×4-modelle sal hoë- en laestrekfunksies bied en ՚n sluitbare agterewenaar bied ekstra vastrapvermoë as een wiel tol.
Tydens die bekendstellingsrit het ons albei modelle beproef en met die viertrekmodel selfs deur ՚n uitdagende 4×4-roete gespeel. Die 1,9ℓ turbodiesel het nooit gesukkel om teen hoofwegspoed verby te gaan nie en het ook nie tydens die viertrekuitdaging enigsins keel toegetrek nie.
Die enjin se kraglewering lyk goed vergeleke met die mededinging in die 2,0 tot 2,5TD enjingrootte, waar kraglewering tussen 100 en 120 kW en wringkrag tussen 100 en 120 Nm wissel. Ritgehalte was goed en die kajuit was stil met aanvaarbare vlakke van wind- en padgeraas. Die enjin kon dalk effens stiller gewees het.
Pryse wissel van R579 900 (Allure) tot R669 900 vir die 4Action 4×4.
Ford Ranger Thunder: Dressing up an old favourite
Sometimes, it pays to buy a vehicle towards the end of its production run as most of the gremlins should have been exorcised and there is a good chance that buyers will be the beneficiaries of lots of add-ons incorporated as an incentive to purchase an old model.
Certainly, the Ranger is no shrinking violet as it measures no less than 5 354 mm from stem to stern and is sufficiently high off the ground to suggest that entry to the cabin for an old codger like me could be significantly eased by carrying around a set of kitchen steps. Ford’s philosophy of longer, wider and higher has seen the Ranger hang on with some ease to its long-established position as one of SA’s most popular bakkies.
Ironically, as the Ranger has grown physically, so its favoured power unit has shrunk as demonstrated by the use of a bi-turbo 2,0-ℓ four that nonetheless dishes up some compelling outputs, witness 157 kW arriving at a mere 3 750 rpm allied to a peak torque output of 500 Nm that is sustained over a very narrow range of 1 500 to 2 000 rpm. I can’t though, recall another diesel with such a clipped torque plateau, but the good news is that the fall-off is not too precipitous.
In the real world, the bi-turbo does a good job of masking its diesel blood line while providing respectable thrust and an acceptable decibel count. On the cruise, it works a treat and cannot be identified as a diesel burner. For unknown reasons, Ford keeps performance figures to itself, but independent tests suggest a 0 – 100 km/h run in the mid-10s while our own tests revealed an average fuel consumption of 9,9ℓ/100 km.
On the open road, the Thunder is actually quite relaxed thanks in part to the use of a 10-speed auto box that may seem over the top. In reality, the presence of all those gears is masked by the smooth auto shifts (no paddle shifters are provided) but it remains a fact that the provision of so many cogs is more to produce better on-paper consumption/emission figures than it is to improve the drive. There is enough torque on tap at low revs to negate the need for such closely spaced ratios, but if nothing else, it provides bragging rights for the Ford brigade.
I am pretty certain that the majority of double cabs do not spend most of their existence dealing with off-road conditions, but this Ford has the kit in the shape of 2H, 4H and 4L and its good clearance ensures that it can cope with most of the rugged stuff that might be thrown at it. As for braked towing mass, it will cope with around 3 500 kg.
In the simplest of terms, the Thunder is a dressed-up Wildtrak and is festooned inside and out with red badging and trim detailing that makes quite sure your neighbours know you have a different model.
As for visual appeal, the Ford sports excellent paintwork along with the red detailing and offers a pleasant cabin ambience and good comfort levels thanks to the use of some soft touch surfacing and heavily bolstered seating. Equipment levels too are high so that in its twilight moments, the Ranger Thunder remains a most ompelling example of the bakkie breed.
The Ranger Thunder retails for R824 800.
VW Amarok V6 Highline Plus: The open road bakkie king
It seems only yesterday that bakkie fans laughed themselves silly when VW introduced the hulking Amarok with mere 2,0 turbo diesel engines. Those sarcastic smiles were soon wiped away, but the irony is that as the opposition downsized its engines, VW pulled a big surprise by adding a 3,0 V6 TDI to its armoury. In more recent times, the Audi-derived V6 acquired even more muscle with its 190 kW output and it is this derivative that we’re looking at today.
Despite being the oldest design in the bakkie field, the square-jawed Amarok has aged extremely well and even if this V6 derivative in Highline spec is hard to tell apart from its “lesser” four-cylinder brethren, that plated but discrete V6 badge does all the talking and ensures that this model is the undisputed champion of the open road.
While nominally quoted at 190 kW, peak power of 200 kW is accessible short-term and that impressive figure is available all the way from 3 000 to 4 000 rpm. Even more importantly, the torque peak of 580 Nm is on tap from only 1 400 rpm and is still there at 2 750 rpm, which is exactly the range in which this engine will do most of its work, on or off-road.
The fact that this engine delivers its muscle in a creamy flow is but one benefit because all the refinement disguises the fact that this bakkie delivers exhilarating pace on the open road and away from the lights as its 208 km/h top end and 0 – 100 time of 7,3 seconds adequately confirm.
Thanks to a few chassis tweaks, not least the method of attachment of the leaf springs, the Amarok also delivers the most car-like ride of the bakkie breed, but that’s not to say that it too isn’t deflected too easily by broken surfaces along with every other ladder frame vehicle. For the record, the VW rides on silver alloys shod with 255/55R19 rubber.
Critics will tell you that in the absence of a low-range box, the Amarok will trail behind the “more rugged” brigade when the going gets really tough. My own experience suggests the going would have to be ultra-tough as the German tackles most nasty obstacles with aplomb thanks in part to its permanent 4WD system allied to that very low first gear and a generous serving of clever electronic traction aids. In terms of finish, the Amarok delivers just what you’d expect from this manufacturer with reference to body finish and construction.
The interior too is well put together even if the general ambience, notwithstanding the presence of leather seating surfaces, is a little clinical and perhaps mildly utilitarian. Rear seat space is adequate rather than generous, but the load bay is really capacious and for many years, was class leading.
As for visual appeal, the VW is the neat and tidy sober-suited contender that’s stood the test of time remarkably well. Or is it that there simply hasn’t been all that much development within this class in general and that alone extended the appeal of the Amarok? Whatever, if the high cost of rising to V6 ownership isn’t too much of an obstacle, there’s no doubt that the Amarok with this power unit is comfortably the most accomplished daily driving machine in its class, so get in there now before the next generation Amarok becomes a Ford in disguise but with more off-road systems on board.
Prices for the Double cab 2.0BiTDI 4Motion start at R738 800, with the flagship 3.0 V6 TDI double cab Extreme 4Motion selling at R1 034 700.
GWM P-reeks: Die slim alternatief
Great Wall Motors (GWM) het in 2007 tot die Suid-Afrikaanse mark toegetree en was tot dusver die enigste Sjinese vervaardiger wat deurentyd in SuidAfrika bedrywig was.
Die reeks het deur die jare die heeltyd verbeter, en die nuwe P-reeks, wat teen die einde van 2020 op die mark gekom het, kan volgens die motormedia wat hom reeds getoets het, met die vernaamste teenstanders saamgesels. Daar is twee modelreekse, naamlik die Commercial en die Passenger, wat onderskeidelik op die werk- en ontspanningsmark gemik is.
Die Commercial-modelle is in ՚n enkel- en dubbelkajuit beskikbaar met die SX en DLX-afwerkingsvlakke, terwyl die Passenger-modelle met LS en LTafwerkingsvlakke beskikbaar is. Die vooraansig van die Commercial- en Passenger-reekse verskil heeltemal, en so ook die standaardtoerusting. Wat al die modelle in die P-reeks deel, is die tweeliter-turbodieselenjin wat 120 kW teen 3 600 opm en 400 Nm teen 1 500 opm lewer.
Die Commercial-modelle bied die keuse tussen ՚n sesgang-handratkas of ՚n outomatiese agtgangratkas met ratspane waarmee ratte sonder ՚n koppelaar gewissel kan word.
Die Passenger-modelle spog verder met leerbekleedsel en outomatiese lugversorging terwyl die LT ook toegerus word met ՚n dwarsverkeermonitor, baandwaalwaarskuwing, verhitbare voorsitplekke, aanpasbare spoedbeheer, voorbotswaarskuwing en ՚n digitale instrumentepaneel van sewe duim.
Die pryse van die P-reeks wissel van R377 900 vir die SX dubbelkajuit handrat tot R554 900.
2021 Mazda BT 50: ‘n Goeie alternatief
Nadat Ford en Mazda jare lank saam bakkies ontwikkel het, het Mazda met Isuzu saamgespan vir die 2021 Mazda BT-50, wat pas bekendgestel is.
Die nuwe reeks word in Thailand vervaardig en word as ՚n ontspanningsvoertuig eerder as ՚n werkesel bemark. Om hierdie rede sal die modelbenamings voortaan met dié van Mazda se passasiersmotors ooreenstem, wat beteken dat die verskillende modelle as die Active, Dynamic en Individual bekend sal staan.
Aan die buitekant is Mazda se Kodo-ontwerprigting wat ook vir die passasiersmodelle gebruik word, duidelik sigbaar. Daarom is dit dadelik herkenbaar as ՚n hedendaagse Mazda. Die ontwerp van die kopligte stem ooreen met dié van sportnutsvoertuie soos die CX-3 en die nuwe CX-30. Aan die agterkant het die ontwerpers weggedoen met die agterligte wat met die uitgaande model tot in die agterklapgestrek het. Gewone agterligte wat om die hoeke krul word nou gebruik.
Die Active het 17-duim allooiwiele en die Dynamic en Individual 18-duim allooiwiele. Die hele reeks het LUD-kopligte en dagryligte.
Die nuweling se kajuit is herontwerp met die oogmerk om bestuurdersgerig en so gemaklik moontlik vir alle insittendes te wees. Só het die agterste insittendes toegang tot geriefies soos ՚n USB-kragpunt, afsonderlike luguitlate vir die ventilasiestelsel, asook ՚n gryphandvatsel.
Die instrumentepaneel het twee analoog wyserplate met ՚n 4,2-duim inligtingspaneel in die middel. Die voorpaneel kom toegerus met ՚n kleurraakskerm van sewe of nege duim na gelang van die model. Android Auto en Apple Car Play is standaard, asook ses of agt luidsprekers afhangend van die model.
Die Active word aangedryf deur ՚n 1,9-liter turbodieselenjin wat 110 kW en 350 Nm se wringkrag lewer. Hierdie model is die enigste een wat met ՚n keuse van ՚n hand- of outomatiese ratkas beskikbaar is.
Die Dynamic en Individual se drieliter turbodieselenjin lewer 140 kW en 450 Nm se wringkrag. Die Dynamic is net as ՚n 4×2-model beskikbaar, terwyl vierwielaandrywing standaardtoerusting vir die Individual is.
Die hele reeks het veiligheidskenmerke soos sewe lugsakke, deure wat outomaties sluit wanneer die voertuig wegtrek, ՚n trukamera, sleutellose toegang, ISOFIX-hegpunte vir die agtersitplekke, sluitweerremme met elektroniese remkragverspreiding, stabiliteitsbeheer, vastrapbeheer, wegtrekhulp, afdraandehulp, asook sleepswaaibeheer.
Die Active se standaard kenmerke sluit die volgende in: ՚n seweduimraakskerm, twee USB-kragpunte, ՚n veelfunksiestuurwiel met kontroles vir die klankstelsel en die telefoon, stembeheer, swart en grys doekstofbekleedsel vir die sitplekke, handbeheerde lugversorging, elektries verstelbare buitespieëls wat met die hand ingevou kan word,’n sluitbare agterklap en ՚n agterste ewenaarslot.
Benewens die groter enjin kry die Dynamic onder meer ՚n negeduim raakskerm, verchroomde buitespieëls wat met die druk van ՚n knoppie ingevou kan word, silwerkanttrappies, parkeersensors voor en agter, ՚n stuurwiel en ratkierieknop wat met leer oorgetrek is, dubbelsone-outomatiese klimaatbeheer, agt luidsprekers en outomatiese ruitveërs. Die enigste verskil tussen die Dynamic en die Individual is dat laasgenoemde model vierwiel-aangedrewe is.
Die pryse van die verskillende modelle, wat ՚n waarborg en diensplan van drie jaar ongeag die voertuig se kilometerafstand insluit, lyk só:
1,9 Active – handrat: R611 900
1,9 Active – outomaties: R647 900 3,0
Dynamic 4×2: R759 400 3,0
Individual 4×4: R794 400
ProAgri bedank die Ultimate Drive-span vir hul insette met die uitstekende 2021 bakkie-oorsig wat hulle saamgestel het. Vir meer inligting, kontak Dirk Gallowitz van Ultimate Drive Media by (+27)-82-889-2010 of besoek www.drive.trailridermedia.co.za/author/dirk-gallowich/