Categories: NewsPublished On: 11th February 2016

2015: Meeste plaasaanvalle ooit

By 1 min read
127 words

New Picture (22)

Sedert plaasaanvalle van 1990 af aangeteken is, was 2015 die jaar wat boere die meeste daaronder gelei het, sê AfriForum en TLU SA in ‘n gesamentlike verklaring. Die organisasies het die afgelope twee jaar saam begin rekord hou van plaasaanvalle, nadat TLU SA van 1990 af alleen die statistiek bygehou het.  

Volgens die memorandum het ’n totaal van 318 plaasaanvalle in 2015 plaasgevind, waartydens 64 boere en werkers oorlede is. In 2010 is ook 64 moorde gepleeg en hoewel die aantal moorde daarna afgeneem het, was daar sedert 2011 weer ’n geleidelike toename in plaasaanvalle.

Die drie provinsies met die meeste plaasaanvalle in 2015 is Limpopo (20,2%), Mpumalanga (19,3%) en die Vrystaat (18%). Die maande waarin die meeste aanvalle plaasvind is Oktober, November en Desember.

Vir meer inligting hieroor gaan na: www.afriforum.co.za/2015-meeste-plaasaanvalle-15-jaar

 

Bron: AfriForum

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0