Categories: NewsPublished On: 5th May 2016

Woolworths ryg die toekennings in

By 1 min read
123 words

woolworths

Woolworths het ‘n totaal van 65 toekennings by die Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe 2016 gewen, wat 10 Agri-ekspo kwaliteit (qualité) toekennings insluit.

Woolworths het 36 eersteprys-toekennings uit ‘n totaal van 97 produkkategorieë gewen.

Van oor die 800 suiwelprodukte wat regoor die land ingeskryf het, het baie min die kwaliteitstoekennings (qualité) ontvang.

‘n (Qualité) Kwaliteitsembleem word slegs toegeken indien ‘n spesifieke aantal minimum punte op die internasionale telkaart bereik is en die produk met die hoogste telling oor die algemeen word aangewys as die suiwelproduk van die jaar.

Die kaaskategorie oorheers jaarliks die SA suiwelkampioenskappe. Die eerbewyse wat aan Woolworths toegeken is in 2016 vir kaas en botter was 24 eerstepryse.

“Ons voorraad suiwelprodukte is die mees innoverende en lekkerste wat jy moontlik kan kry,” verduidelik Woolworths se besturende direkteur, Spencer Sonn.

Bron: Bizcommunity

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0