Wolmark hoër as ‘n jaar gelede

wol
Op die 14de wolveiling van die 2016/2017 seisoen het die Cape Wools merinowolmarkaanwyser met -1,0% gedaal en op 15318c per kg skoon gesluit. Dit is ongeveer 12,79% hoër as ‘n jaar gelede.
Gemiddelde skoonwol prysaanwysers vir goeie kwaliteit lang vagwol (MF4/MF5) met ‘n treksterkte van 35 (NKT) was soos volg:
18 µ 17124 (+1,7%) 21 µ 14417 (-1,1%)
19 µ 16358 (+0,6%) 22 µ 14307 (-1,0%)
20 µ 15559 (-1,9%) 23 µ 13639 (-0,6%)
Die grootste kopers op die veiling was: Standard Wool (4 046 bale), G Modiano (3 770 bale), Lempriere Suid-Afrika (2 024 bale). Van die 11 453 bale wat aangebied is, is 11,248 bale verkoop (98%).
Die hoogste pryse van verkoopte wol op die BKB veiling was:
| TOP 10 BKB PORT ELIZABETH | |||||||
| Naam | Area | Besk. | AWEX Tipe | Mic | Skoon | NKT | Vet Pryse |
| 1. Wentzel Broers | Adelaide | AFY | MF4E.90 | 17.9µ | 73,5% | 42 | 13700c |
| 2. RJ Swart | Barkly-Oos | AFH | MWF4E.93 | 17.6µ | 76,2% | 38 | 13570c |
| 3. AC Lombard & Seun | Adelaide | CMY | MF4E.66 | 18.3µ | 75,4% | 47 | 13310c |
| 4. AC Lombard & Seun | Adelaide | CFY | MF4E.69 | 18.0µ | 75,5% | 50 | 13300c |
| 5. Pringle Brothers CC | Bedford | AMY | MF4S.89 | 17.7µ | 73,8% | 38 | 13170c |
| 6. E Archer | Trompsburg | AFH | MWF4E.96 | 18.1µ | 74,2% | 42 | 13130c |
| 7. Wentzel Broers | Adelaide | BH | MWF4E.82 | 17.7µ | 71,9% | 44 | 13100c |
| 8. AC Lombard & Seun | 0Adelaide | DDL | MWF4E.50 | 16.8µ | 73,1% | 13050c | |
| 9. Broclin Farming CC | Bedford | BH | MWF4E.76 | 18.2µ | 72,6% | 39 | 13050c |
| 10. GM Wienand & Son CC | Bedford | AFF | MF3E.91 | 17.9µ | 72,2% | 41 | 13040c |
BKB wil graag bogenoemde kliënte gelukwens met hulle prestasies. Die volgende veiling vir die nuwe seisoen katalogus P1516 sal op 30 November 2016 plaasvind.