Categories: NewsPublished On: 28th January 2016

Wolmark bly op rekordvlak

By 1 min read
238 words

capewoolssa_logo

Cape Wools se weeklikse wolmarkverslag sê dat die rekordvlakke van pryse gehandhaaf  word, aangesien die wolmark met slegs 1,2% teruggesak het en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 186 punte gedaal om te sluit teen ‘n waarde van R158,90/kg (skoon). Op die Australiese mark het die aanwyser met 0,2% gestyg, terwyl die Cape Wools Alle Wol-aanwyser met 1,7% gedaal het.

Handelaars het die goeie vraag en sterk mededinging vir beter gehalte en langer wol uitgewys. Minderwaardige wol was minder gesog en verhandel dan ook effens goedkoper op die dag.

Die rand teen R16,40 was sowat 2,6% sterker teenoor die Amerikaanse dollar vergeleke met die vorige  veiling en teen R17,84 was die rand 3,1% sterker teen die euro. Altesaam 97,1% van die 11 130 bale wat op die veiling aangebied is, is verkoop. Die grootste kopers op die veiling was G Modiano SA (3 729), Standard Wool SA (2 938), Lempriere SA (2 244), en Stucken & Co (1 075).

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg: 18,0 mikron daal 1,1% teen R173,46/kg; 18,5 mikron verswak 0,7% teen R171,55/kg; 19,0 mikron daal 2,0% teen R165,04/kg; 19,5 mikron neem af met 0,7% en sluit op R163,31/kg; 20 mikron verswak met 1,8% tot R158,78/kg; 20,5 mikron daal met  1,1% en sluit op R159,17/kg; 21,0 mikron neem af met 1,2% en sluit op R157,62/kg; 21,5 mikron daal met 2,2% tot R156,12/kg en 22,0 neem af met 2,5% en sluit op R150,39/kg.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 03 Februarie 2016 wanneer sowat 8 600 bale aangebied sal word.

Bron: Cape Wools 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0