Wolmark bly op rekord vlak

capewoolssa_logo
Volgens die weeklikse wolmarkkommentaar het die wolmark aanhou presteer en met slegs 1,3% verminder en die Cape Wools Merino-aanwyser het met 186 punte gedaal om te sluit teen ‘n waarde van R156,80/kg (skoon). Op die Australiese mark daal die aanwyser met 1,9% terwyl die Cape Wools Alle Wol-aanwyser met 2,0% gedaal het.
Die rand teen R16,20 was sowat 1,3% sterker teenoor die Amerikaanse dollar vergeleke met die vorige veiling en teen R17,68 was die rand 0,9% hoër teen die euro. Altesaam 97,4% van die 8 476 bale wat op die veiling aangebied is, is verkoop. Die grootste kopers op die veiling was Lempriere SA (2 651), G Modiano SA (2 201), Standard Wool SA (1 822), en Stucken & Co (985).
Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg: 18,0 mikron styg 1,1% teen R175,35/kg; 18,5 mikron styg 1,3% teen R173,77/kg; 19,0 mikron neem toe met 0,4% en sluit teen R165,63/kg; 19,5 mikron neem af met 3,8% en sluit op R157,13/kg; 20 mikron verswak met 1,5% tot R156,32/kg; 20,5 mikron daal met 1,6% en sluit op R156,55/kg; 21,0 mikron neem af met 1,0% en sluit op R155,99/kg; 21,5 mikron daal met 2,0% tot R153,07/kg en 22,0 neem af met 1,6% en sluit op R147,93/kg.
Bron: Cape Wools Weeklikse Wolmark Kommentaar