Categories: NewsPublished On: 31st March 2016

Wolmark bly onveranderd

By 1 min read
211 words

capewoolssa_logo

Die wolmark verhandel 1,3% laer die week. Volgens die Cape Wools se Weeklikse Wolmarkkommentaar verswak die Cape Wools Merino aanwyser met 198 punte om te sluit teen ‘n waarde van R155,70/kg (skoon). Op die Australiese mark was die aanwyser 1,1% op, terwyl die Cape Wools Alle Wol aanwyser met 1,0% gedaal het. Daar was taamlik baie wol aangebied.

Die Rand teen R15,00 was sowat 6,8% sterker teenoor die Amerikaanse dollar vergeleke met die vorige veiling. Teen R17,00 was die Rand 4,9% sterker teen die Euro. Altesaam 98,2% van die 12 439 bale wat op die veiling aangebied is, is verkoop. Die grootste kopers op die veiling was Standard Wool SA (3 533), Lempriere SA (3 388) G Modiano SA (2 754), en Stucken & Co (1 592).

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg: 18,0 mikron neem toe met 1,8% en sluit teen R173,93/kg; 18,5 mikron neem 3,0% toe en sluit teen R167,64/kg; 19,0 mikron neem af met 0,2% en sluit teen R163,44/kg; 19,5 mikron daal met 1,1% en sluit op R160,10/kg; 20 mikron verswak met 2,0% tot R156,26/kg; 20,5 mikron daal 1,5% en sluit op R156,06/kg; 21,0 mikron neem af met 1,1% en sluit op R156,29/kg; 21,5 mikron daal met 2,0% tot R154,56/kg en 22,0 neem af met 3,0% en sluit op R154,65/kg.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 13 April 2016.

Bron: Cape Wools SA

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0