Categories: NewsPublished On: 19th December 2017

Kommersiële produksie vir koring is 6,7% minder as vorige skatting

By 1 min read
183 words
koring

koring

Die verwagte kommersiële produksie vir koring is 1,475 miljoen ton, wat 6,7% of 105 800 ton minder is as die vorige skatting van 1,581 miljoen ton, terwyl die verwagte opbrengs 3,00 t/ha is.

Die hoofrede vir die afname in koringproduksie is as gevolg van produsente wat swakker as verwagte opbrengste gestroop het, veral in die Wes-Kaap,aangesien hulle gedurende die afgelope seisoen droogte ervaar het.

Die verwagte produksie in die Wes-Kaap het met 14,3 % of 97 800 ton afgeneem, van
684 600 ton tot 586 800 ton teenoor die vorige skatting.

Die produksieskatting vir die Vrystaat is effens afwaarts aangepas met 2,6% of 8 000
ton, van 304 000 ton na 296 000 ton. In die Noord-Kaap is die verwagte produksie
onveranderd gelaat op 304 000 ton.

Die oppervlakteskatting vir koring is 491 600 ha.

Ander gewasse:

Die produksieskatting vir moutgars is 298 564 ton, wat 6,2% of 17 505 ton meer is as die vorige skatting van 281 059 ton. Die oppervlakte beplant is beraam op 91 380 ha, terwyl die verwagte opbrengs 3,27 t/ha beloop. Die verwagte kanola-oes is afwaarts aangepas met 4,4% of 4 200 ton na 92 400 ton. Die oppervlakteskatting vir kanola is 84 000 ha, met ʼn verwagte opbrengs van
1,10 t/ha.

Die sesde produksieskatting vir wintergewasse vir 2017 sal op 30 Januarie 2018 vrygestel sal word.

Bron: Oesskattingskomitee

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0