Categories: NewsPublished On: 30th May 2017

Winburg-boeredag lok Argentynse boere

By 3 min read
465 words

Praktiese demonstrasie by beeste

Oom Flip Wessels, eienaar van Alphine Bruin Switserstoet, se uittrede met ‘n veiling op Februarie 2018 gaan tot gevolg hê dat ingevoerde genetika van oor die 82 jaar vanuit Switserland (bulle en saad), teruggegee gaan word aan die beesliefhebbers van die toekoms. Spesifiek die laaste twee ingevoerde bulle se bloedlyne: FINO (meer vleis) en MILOR (meer melk). Sy fokus was deurentyd dubbeldoel, daarom het hy die kudde suiwer gehou.

Dié legendariese veiling in Feb 2018, sal plaasvind op die familieplaas, Wilgerboom, in die Winburg-distrik, waar die totale Braunvieh-stoet en suiwer graad Bruin Switser-kudde van die hand gesit sal word.

Donsie Wessels (Oom Flip se dogter) het op 24 Mei 2017 ʼn uiters suksesvolle boeredag op dieselfde plaas aangebied waar 12 Argentynse boere (vergesel deur die kenner, Hendrik Jordaan van Laurik Internasional), asook 80 Suid-Afrikaanse boere en gaste van so ver as Strydenburg, Vryburg, Zeerust, Steynsburg en Pretoria, die kans gegun is om die beeste te besigtig.

Die propvol program is deur bekende sprekers in boerekringe aangebied, en het ʼn verskeidenheid onderwerpe gedek:

Hendrik Jordaan, Laurik International, Argentinië het gepraat oor die moontlike samewerking tussen Suid-Afrika en Argentinië deur die uitruil van kennis, tegnologie en genetika. Suid-Afrika het nagenoeg 13 miljoen beeste en Argentinië 52 miljoen.             

Llewellyn Angus, Wisp-Will, Arlington het gepraat oor die Bruin Switser as ʼn uitstekende voorbeeld van ʼn dubbeldoel beesras wat gebruik word vir kruisteling by kommersiële kuddes om swaarder speenkalwers te produseer – tot 30 kg verskil kan gemaak word.

Die Bruin Switser is ook uitgewys as ʼn doeltreffende embrio-ontvanger as gevolg van haar vrugbaarheid en goeie moedereienskappe, deur dr Collin Albertyn, Embryo Plus, Winburg.

Ander onderwerpe wat bespreek is, is maniere om plaaswerkers by die plaas se geldsake te betrek, sodat hulle kan verstaan dit is nie staatsgesubsidieërde instellings nie, metodes om ‘n persoon se eerlikheid op ‘n wettige manier deur poligraaftoetse te toets, die belangrikheid van gesonde grond, die waarde van beplanning van aangeplante weiding en gras en die waarde van voedingsnavorsing. Daar is ook ‘n vroueprogram aangebied oor waterbesparende tuine.

Oom Flip het daarna die woord gevoer oor die twee ingevoerde bloedlyne in sy kudde en ‘n stilveiling en prestasiekompetisie het plaasgevind. Die uitslae was:

Stilveiling:

Koper: Org Mouton van Vrede

Stoet: 5 koeie met kalwers = R20 000 elk

Kommersieel: 6 koeie/verse met kalwers = R15 000 elk

Kompetisie-uitslae:

Pryse geborg deur Molatek: Frikkie Nel van Senekal

OOGSPIER-omtrek van fase D bulle.

C1517 =  65,4 mm2

C1522 = 68,2 mm2

Wenner: Douw Steyl van Winburg

VETLAAG mm  koeie.

Koei C0502 =16,1 mm

Vers C1410 =6,7 mm

Wenner: Paul van Biljon van CMW afslaers

GEWIG speenkalwers:

Bulkalf C1620 =285 kg

Wenner: Hansie Hatting van Marquard

Verskalf C1630 =245 kg

Wenner: Douw Steyl van Winburg

12 Speenkalwers gemiddeld

= 246 kg

Wenner: Paul van Biljon van CMW afslaers

SPESIALE DANK AAN ONS BORGE:

EERSTE NASIONALE BANK,

OVK / CMW

MOLATEK en ZOETIS

Alphine Milor Stevan op boeredag.

Argentyne saam met Wesselse.

Kalfie gebore op boeredag.

Heerlike middagete

Stilveiling word bespreek.

0
Views: 196Comments Off on Winburg-boeredag lok Argentynse boere

Deel hierdie artikel.

0