Categories: NewsPublished On: 15th November 2016

Wild kan binnekort by abattoirs geslag word

By 1 min read
204 words

wildbuffels

Goeie nuus vir die wildbedryf is dat wild wat in die veld gejag word, eersdaags na ‘n slagpale geneem kan word om die karkas te laat verwerk. Tot op hede mag geen dier wat in die veld geskiet is na ‘n abattoir geneem word nie.

Die minister van Landbou, Senzeni Zokwana, het verlede week aangekondig dat hy die wildsvleisregulasies so wil verander dat wild wat buite ’n abattoir geskiet is wel daar verwerk mag word.

Volgens Piet Neethling, voorsitter van Wild, Abattoirs en Vleisuitvoerders, is dit die beste nuus ooit. “Ons dring al lankal hierop aan, want dit sal beteken dat gehaltevleis deur ’n gekwalifiseerde en onafhanklike vleisinspekteur goedgekeur sal word. Die gehalte van wildsvleis wat ingevolge hierdie regulasies verkoop sal word, sal uiteraard uitstekend wees. Die wildkarkasse sal in koelvragmotors na die abattoir vervoer moet word en nie agterop ’n bakkie nie,” sê Piet.

Minister Senzeni sê diegene wat belangstel om kommentaar te lewer of ’n voorlegging wil doen oor die beplande wysiging, moet dit binne 30 dae aan die Kantoor van die direkteur-generaal, Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, Privaatsak X138, Pretoria stuur. Of dit kan na na 012-329-7699 gefaks word.

Hier is die volledige verslag van die regering: 40402_gon1371

Bron: Netwerk 24

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0