Categories: NewsPublished On: 12th April 2016

Werktuie-verkope vir Maart 2016

By 1 min read
186 words

images

Die verkope van werktuie in 2016 is steeds minder as verlede jaar as gevolg van die droogte. Trekkerverkope van 434 eenhede is 28% minder as die 603 eenhede wat verlede Maart verkoop is. Vir die opeenvolgende twaalf maande is trekkerverkope ongeveer 13% laer as verkope vir die vorige ooreenstemmende twaalf maande.   Stroperverkope van 14 eenhede in Maart is aansienlik minder as die 20 eenhede wat verlede Maart verkoop is.   Vir die opeenvolgende twaalf maande is stroperverkope ongeveer 30% laer as vir dieselfde tydperk verlede jaar.

Soos verlede maand genoem, het boere reeds van die geleentheid gebruik gemaak om ouer voorraad teen laer pryse aan te koop en die meeste van dié voorraad is nou uitverkoop.  Dit is deel van die rede hoekom verkope in Maart soveel laer was. Boere is nou omsigtig en sal waarskynlik besluite oor aankope uitstel totdat hulle gewasse geoes is. Dit gaan beteken dat trekkerverkope beslis vir die volgende twee of drie maande nog sal daal, sê die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-assosiasie.

Ramings vir die verkope van nuwe  trekkers in die 2016-kalenderjaar is laer aangepas. Volgens huidige ramings sal verkope tussen 15 en 20% laer wees as verkope verlede jaar.

 

Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-assosiasie

0
Tags:

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0