Wees veilig op die paaie hierdie feesseisoen

paaie verkeer
Sedert die begin van Desember het padongelukke reeds begin om mense se lewe te eis. Die AA (Automobiel Assosiasie) dring by alle motoriste daarop aan om hulle gedrag te verander voor die verwagte feestyd se verkeerstorm.
“Elke dag lyk dit asof daar nog ‘n storie van ‘n verskriklike ongeluk in ons land is; dit lei tot meervoudige sterftes en beserings ook van kinders of babas in. Met die feestyd se verkeer wat meer gaan wees moet motoriste hulle gedrag op die paaie verander of anders gaan die sterftes net aanhou toeneem,” sê die AA.
In 2016 is 14 071 mense dood op Suid-Afrikaanse paaie. Oor die feestydperk verlede jaar (1 Desember 2016 tot 9 Januarie 2017) is 1 714 mense dood. Dit is baie mense in so ‘n kort tydperk.
“Hierdie sterftes kan nie verder net gesien word as statistieke nie. As ‘n nasie moet mense hulself afvra oor hulle gedrag op die paaie. Dit kan gesien word as die hoofrede vir die sterftes,” sê die AA.
Verder voeg die AA by dat dit baie belangrik is om die padreëls te gehoorsaam, seker te maak hulle voertuie is in ‘n goeie toestand en om versigtig te ry.
Ander wenke wat die AA het is:
- Dra ‘n veiligheidsgordel en maak seker alle passasiers doen ook. Die wet vereis dat kinders onder die ouderdom van drie in ‘n veilige karstoeltjie moet sit.
- Kyk na jou bande (insluitend die spaar) om seker te maak hulle is veilig en in ‘n goeie toestand.
- Maak gereed vir ‘n lang reis deur te rus voordat julle ry. Rus ook elke 200 km of elke 2 ure om jou bene te strek en vars lug te kry.
- Moenie jaag nie.
- Ry nugter.
- As jy ‘n voetganger is, maak jouself duidelik sigbaar en moet nooit ‘n snelweg probeer oorsteek nie.
- Konsentreer op die pad terwyl jy ry en bêre jou selfoon.
- Wees hoflik teenoor ander bestuurders.
“Mense moenie kanse agter die stuurwiel waag nie, steek ‘n ander voertuig verby slegs as dit veilig is om so te doen, hou ‘n veilige afstand van die voertuig voor jou en maak seker jy en jou familie kom veilig by julle bestemming aan,” voeg die AA by.
Vir verdere gemoedsrus op die pad, laai die AA-toepassing (App) af. Dit sal jou toegang gee tot ‘n reeks voordele en dienste. Besoek www.aa.co.za vir meer inligting.
Bron: AA