Waar is die prys van avokados?

avokado
Die prys vir avokados het die laaste paar weke gedaal.
Die hoeveelhede van Peru is drasties aan die afneem. “Die verkope is stiller gedurende die somermaande, maar ek verwag dat dit aan die einde van Augustus en deur September moeilik gaan wees,” sê Evy van Gastel van Special Fruit. )Praat die ou hier van SA of Peru – want dis nie somer by ons nie?)
“Die Suid-Afrikaanse avokado-seisoen is op ‘n einde. In Suid-Afrika is daar ook 40% minder avokados as gevolg van die droogte wat die land moes hanteer asook ‘n haelstorm in Februarie in Tzaneen wat die avokados beskadig het.”
Peru het ook ‘n kleiner oes as wat daar verwag is.