Categories: NewsPublished On: 10th January 2017

Vetterige kos kan jou ook gesonder maak

By 2 min read
334 words

vetterige kos

Professor Tim Noakes glo vetterige kos soos botter, kaas en rooivleis kan jou gewig laat verloor in kombinasie met die regte vars groente, maar daar is ook nou deur ‘n internasionale studie bevind dat dit nie al is wat vetterige kos kan doen nie, dit kan ook mense se gesondheid verbeter.

Daar is bevind dat ‘n dieet wat ryk is aan natuurlike versadigde vette en laag is in koolhidrate, oorgewig middeljarige mans maerder en gesonder kan maak. Navorsers het ook waargeneem dat mense wat so ‘n dieet volg, laer bloeddruk en glukose-vlakke het, wat verbind word met ‘n verlaagde risiko om hartsiektes, tipe 2-diabetes en kanker op te doen.

Dit is die jongste navorsingstudie wat onderneem is om te bewys dat die tradisionele benadering om vet te vermy en eerder verwerkte koolhidrate in te neem, skadelik vir die gesondheid is.

Huidige dieet-advies raai mense aan om kos wat ryk is aan versagdigde vette soos room, botter, rooivleis, eiers en kaas te vermy, omdat dit na bewering die risiko om hartsiektes, tipe 2-diabetes en kanker op te doen, verhoog.

Professor Sherif Sultan, ‘n hartspesialis van die Universiteit van Ierland sê die huidige dieetriglyne moet dringend aanpas word. Mense behoort nie die hoë koolhidrate-diëte te volg soos wat hulle oor die afgelope dekade aangeraai is om te doen nie.

Diëte moet eerder grootliks uit hoëvet-kosse van ‘n goeie gehalte bestaan. Dit sal die stygende risiko van tipe 2-diabetes beperk en die groeiende getal mense wat aan gewigsverwante hartprobleme ly, omswaai.

Hy sê hoë koolhidrate-diëte en verfynde suikers is die hoofrede vir die toename in kardio-vaskulêre sterftes. Dit is een van die grootste rampe van die 21 ste eeu. Persone wat aan die navorsingstudie deelgeneem het, het onverwerkte vette van natuurlike bronne ingeneem, insluitende botter, room, kaas en  klapperolie. Dit het vervaardigde vette soos margarine, hoogs verwerkte olies en transvette in verwerkte kos uitgesluit.

Die navorsingresultate is in die American Journal of Clinical Nutrition gepubliseer.

Bron : Mirror.co.uk en RPO Bulletin Januarie 2017

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0