Categories: NewsPublished On: 15th July 2016

Vele pronkvere by die AVI Africa-skou.

By 3 min read

Voorblad

Die pluimveebedryf skrik nie vir AGOA, of die droogte of die pekelwaterkwessie nie. AVI Africa se uitstallers wat onlangs die saal in Caesars Palace in Kemptonpark volgestaan het, het dit duidelik bewys.

Unitrans“Ons kan enige landbouproduk skuif,” sê Wietsche Roets, Unitrans se sake-ontwikkelings-bestuurder. Een van hulle grootste kliënte is die pluimveesektor vir wie hulle graan, eiers, dagoudkuikens, slaghoenders en vars of gevriesde pluimveeprodukte na die mark kan vervoer. Unitrans se hoofkantoor is in die Kaap maar hulle beskik oor operasionele punte en bergingsgriewe regoor die land en tot hoog op in Afrika. Masimmo Dragoni, Jo-Anne de Jager, Anthony Motlhakwane, Michael Olivieo, Ryno van den Berg en Wietsche Roets pas die stalletjie op.

PoltekPoltek is al 30 jaar werksaam in Suid-Afrika en bestaan uit twee afdelings. Custom Moulders vervaardig die hele spektrum drink- en voertoerusting en eierrakkies. Hulle bewerk die rou plastiek tot in die finale produk. Die tweede afdeling is Poltek, wat sterk in die hoenderkratbedryf staan. Soos die behoefte uitgebrei het, het hulle ook ‘n stewige uitvoervoetspoor in Zimbabwe, Zambië en Mosambiek ontwikkel. Nancy Prinsloo, Bradley Levin, Stanley Levin en Ryan Levin is baie trots op die versameling produkte wat hulle vir die hoenderboer kan bied.

 

Big DutchmanScott Wiggal staan langs een van Big Dutchman se nuwe produkte, die wye outomatiese hokstelsel. Hierdie stelsel waarborg ‘n gesonder omgewing vir die hoenders, beter doeltreffendheid en beter voeromsetting. Die hoenders leef nou gesonder omdat die mis met ‘n vervoerband weggeneem word. Die regte hoeveelheid voer word met ‘n kettingbandstelsel na elke hoender geneem en die eiers rol ook af op ‘n band wat dit na ‘n eierversameleenheid vervoer.

 

GSIBy GSI Cumberland word daar deurlopend nuutskeppings ontwikkel wat fyn tred hou met die mark se behoeftes. Hier wys Rob Clouston hoe lyk hulle Hi-LO voerpan waarvan die diepte verstel kan word sodat dit vir dagoud kuikens tot volwasse hoenders gebruik kan word. Xander Pieterse, bemarkingskonsultant wys hoe lyk die nuwe Pro-V 1 wat aangepas is om dit goedkoper te maak en nie ‘n rooster het waarin die kuikens kan vassit nie.

 

EpolEpol is deel van RCL-foods se dierevoedingafdeling. “80% van ons voerverkope is aan die braaikuikenmark omdat Rainbow Chicks ook deel van die RCL-groep is,” sê Sakkie Luther, nasionale verkoopsbestuurder vir ondernemings. “Met die onlangse samevoeging van Molatek en Epol het ons veevoerkant se portefeulje soveel groter geword, wat soveel meer opsies aan ons kliënte bied. Ons verskaf voer aan enige persoon wat wil hê, hetsy vir koöperasies, private verbruik of handelaars. Ons verpakkingsopsies is ook geskik vir klein en groot kliënte,” sê hy. Die Epol-span is, Joël Herold, Sakkie Luther, Sipho Mvuyana en André Killian.

 

AnimateAnimate kon onlangs een van hulle staatmakerprodukte, die groeipromotor, Flavomycin, herregistreer met ‘n nuwe eienskap. “Ons het na baie navorsing oor die jare begin besef dat die middel ook die sensitiwiteit teen antibiotiese weerstand oor die hele antibiotikaspektrum verhoog wanneer dit teen hoër vlakke ingesluit word,” sê Marlien Prinsloo, verkoops- en tegniese bestuurder. Omdat antibiotiese weerstand ‘n groot probleem onder diere is, is hierdie voorwaar ‘n deurbraak. Verder is Flavomycin ‘n uitstekende produk om in vee te gebruik omdat dit glad nie deur mense opgeneem kan word nie. Marlien en Nina Fortnam was gereed om enige boer se vrae te beantwoord.

0
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
0