Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 10th September 2018

Veeboere: Kanna bespaar tyd, geld en arbeid

By 2 min read

20180820_105611

Mobiele veehokke

’n Skare arbeiders is nie meer nodig om die werk op ’n plaas gedoen te kry nie. Daarvoor sorg Kanna Industries se nuwe veehanteringstoerusting. “Ons bou en toets tans nuwe veehanteringstoerusting, maar boere kan dit by NAMPO Kaap en Agri Megaweek kom bekyk,” sê Willa Nolte van Kanna.

Skaapvervoerband – ’n eerste in SA

Die skaapvervoerband is ’n statiese gang wat waarop skape in ’n ry verbybeweeg vir maklike hantering. Hy is so 4 meter lank met twee vervoerbande wat veroorsaak dat die dier sagkens, maar onverbiddelik vorentoe gevoer word. Die operateur beheer die vervoerband met sy voet sodat albei sy hande vry is om die skaap te doseer.

Voordele van die skaapvervoerband:

  • Maklike instandhouding
  • Hanteer sowat 720 skape per uur
  • Die spoed waarteen die band loop kan verstel word
  • Die V-band hanteer skape van alle groottes maklik

Mobiele veehokke

Mobiele veehokke is perfek om vee te verskuif om weiding beter te benut. Die hokke is 6 x 3m en is ingerig met voerbakke, ’n watertenk en sykante wat kan oopmaak vir skaduwee en ventilasie gedurende warm weersomstandighede en toevou vir beskerming tydens onstuimige weer.

Hardus Erasmus, varkboer van Wolseley, is besig om hierdie hokke met sy varke te toets. Hy verskuif die hokke elke tweede dag. “Dit is baie beter om varke op weiding te hou as in sementvarkhokke, want sementhokke kan nie so skoongemaak word soos as jy die varke buite hou nie. As die varke op die weiding verskuif word, brand die son weer al die siektes weg. Die groei van my varke is definitief baie beter en ek kan self die waterinname beheer.”

Voorkom veesiektes met die outomatiese gifspuit

’n 12V-battery dryf die spuit, wat met lugdruk werk, aan. Sodra die skaap deur die hokkie beweeg, word die stelsel geaktiveer deur ’n sensor wat die gif dan onder die pens en tussen die blaaie spuit. Die dosis kan na behoefte verstel word. Meer as ’n duisend skape kan met een lugdruktenk gespuit word voordat dit weer met enige tipe kompressor gevul moet word.

Vir meer inligting, praat met Willa Nolte by 072-333-1051 of willa@kannaindustries.co.za. Besoek ook www.kannaindustries.co.za.

 

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment