Van kleins af ‘n boer

andre-hugo-se-seun
Die vyfjarige JC Hugo sit voor in die klas saam met die plaaswerkers van Bertie Visagie wat op die plaas Paardekraal in die Calvinia-distrik deur Gawie van Wyk opgelei word.
JC is die seun van die Noord-Kaap bestuurslid van NWKV, André Hugo, wat die kursus gereël het. Die seuntjie se ongelooflike belangstelling in boerdery was opvallend tydens die demonstrasies. Sy pa sê vir ses dae van die week het hy sy blou oorpakbroek aan en hy is reg vir enige takie wat met daai klein handjies aangepak kan word.