Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 1st April 2026

Van die plaas tot by die silo’s stap Van Zyl Staalwerke die pad saam met jou

By 2 min read
395 words

Rolsif Dubbeldrom

Dubbeldrom

Van Zyl Staalwerke het oor die jare heen die reputasie verwerf as ’n betroubare vervaardiger van gehalte landboutoerusting. Met ’n fokus op duursaamheid, doeltreffendheid en praktiese ontwerp spesifiek vir die boer, lewer dié maatskappy oplossings wat uniek aangepas is vir die uitdagende Suid-Afrikaanse omstandighede.

Onder hul gewilde produkte tel ’n hoogs doeltreffende rolsif en ’n reeks robuuste sleepwaens, wat ontwerp is om produktiwiteit te verhoog en werksprosesse te vereenvoudig.

Graanhanteringstoerusting

Rolsif (dubbeldrom en enkeldrom)

’n Rolsif kan jou gewasse een of twee grade beter laat klassifiseer wat die prys per ton vir die oes gevolglik meer maak en die boer in ’n meer gunstige posisie plaas. Boere kan mielies, sojabone, sonneblomme, koringsifsels en meer deur die rolsif sit. Van Zyl Staalwerke se rolsif word aangedryf deur ’n 95 pk (70 kW)-trekker. Die dubbeldrom is meer geskik vir sojas

Die funksie van ’n rolsif is om  ongewenste elemente en kleiner graanpitte in die oes te verwyder om sodoende te verhoed dat boere se graan as swakker gekwalifiseer word by silo’s.

Die kleiner pitte wat uitgesif word, kan dan as veevoer gebruilk word. Wanneer dit egter by die silo’s uitgesif word, gaan die uitsifsels (kleiner pitte) verlore en boonop betaal die silo’s ook minder vir die oes.

Voordele van ’n rolsif:

  • Silokoste wat betref die sif van die graan om onsuiwerhede te verwyder, word vermy.
  • Persentasie van die gewig van die oes wat afgetrek word as gevolg van die ongewenste elemente en kleiner pitte in die oes word vermy.
  • Bespaar tyd deur nie ná die gradasie van die oes agter in die tou te moet inval waar die oes gesif moet word nie. Dus kom die voertuig vinniger op die plaas om die volgende vrag te vervoer.

Enkeldrom

Gehalte sleepwaens

Sonder duursame sleepwaens kan jou mielies, soja, koring of ander gewasse nie vervoer word nie. Van Zyl Staalwerke het ’n verskeidenheid sleepwaens, waaronder platbak-, massa- of dubbelwiel-modelle vir boere se individuele behoeftes. Die maatskappy se 10 ton-platbak-sleepwa het ’n dravermoë (laaikapasiteit) van 10 000 kg. Die agter-as kom standaard met ’n hidrouliese remstelsel, standaard ligtekoppeling en ‘chevron’. Die massa-sleepwa se toe-kante hou boere se graan binne sodat dit nie uitval nie – en die dubbelwiele kan swaarder vragte dra.

Side Tipper

Tapkar

Tapkar

Vir meer inligting oor Van Zyl Staalwerke se toerusting , skakel 058-863-2452, stuur e-pos na info@vanzylstaalwerke.co.za of besoek www.vanzylstaal.co.za

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0