Categories: NewsPublished On: 1st March 2016

UP kry nuwe veeartsenykundige kompleks

By 2 min read
361 words

Pic 3

Meer veeartse kan nou by Tukkies opgelei word. Die Universiteit van Pretoria se Onderstepoort-kampus het pas hulle nuwe, groter veeartsenykunde kompleks geopen, genaamd die Lesedi-kompleks.

Die nuwe geriewe maak dit moontlik om meer veeartsenykunde studente jaarliks in te neem.

Prof Darrell Abernethy, dekaan van die Fakulteit Veeartsenykunde, sê veeartse is belangrik en deurslaggewend vir die land se ekonomie en hulle bydrae tot nasionale voedselsekuriteit.

“Ons ses jaar graad-program fokus nou meer op veeproduksie en eksperimentele opleiding en ons bied ook ‘n wye verskeidenheid navorsingsprogramme aan wat boere help om sekere siektes te beheer. Die Lesedi-kompleks laat die fakulteit toe om meer studente jaarliks in te neem, van die huidige140 tot 190 studente, om die tekort aan veeartse in die land te verlig,” sê prof Darrell.

Die Universiteit van Pretoria is tans die enigste inrigting in Suid-Afrika wat veeartse en veearts-verpleegsters oplei en is die vernaamste veeartsenykunde fakulteit in Afrika wat internasionaal erken word vir hulle opleiding en navorsing. Die fakulteit het omtrent ‘n duisend voorgraadse studente en meer as 330 geregistreerde nagraadse studente wat onderskeidelik hulle honneurs, meesters of doktorsgrade doen.

Die Lesedi-kompleks is ontwerp om die nuwe ingang vir die Onderstepoortkampus te vorm en het moderne Suid-Afrikaanse argitektoniese elemente. Die gebou bevat drie blokke met oop ingangsportale tussenin wat die kompleks met die Sir Arnold Theilar-gebou en die dierehospitaal aanmekaar laat skakel.

Die kompleks bestaan uit:

  • ‘n Multidissiplinêre laboratorium, ten volle toegerus met verskillende tipes mikroskope. Dit word gebruik deur veearts- en veearts-verpleegsterstudente vir praktiese werk wat veral met mikroskope te doen het en ook vir histologie, parasitologie, patologie en voortplanting.
  • Kantore vir die fakulteit se studente-administrasie en ondersteuningsdienste.
  • ‘n Veeartsenykunde vaardighede-laboratorium, wat skeppende maniere gebruik om praktiese vaardighede te verduidelik deur die gebruik van verskeie modelle. Dit verminder die noodsaak om praktiese opleiding op lewendige diere te doen.
  • ‘n Studie-sentrum vir studente waar studente kan studeer en groepbesprekings kan hou.

As deel van dieselfde projek is veranderinge aan bestaande lesingslokale aangebring om meer plek te maak vir die fasilitering van studente.Sekere projekte is nog aan die gang soos om ‘n rekenaarlaboratorium te vestig.

Gwebinkundla Qonde en Prof Cheryl de la Rey by die opening van die nuwe Lesedi kompleks.

Gwebinkundla Qonde en Prof Cheryl de la Rey by die opening van die nuwe Lesedi kompleks.

0
Tags: ,

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0