Universiteit van Pretoria stel FARM@UP bekend: Afrika se eerste geïntegreerde, hoë-tegnologie opleidings- en vaardigheidsontwikkelings fasiliteit in landbou
Die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe (NLW) het die ontwikkeling van FARM@UP aangekondig: ‘n fasiliteit wat 570 ha beslaan en waar geïntegreerde, landboukundige, hoë-tegnologie en volhoubaarheid-gefokusde navorsing, opleiding en vaardigheidsontwikkeling sal plaasvind. Dit is ontwerp om die multidissiplinêre toekoms van landbounavorsing en -ontwikkeling te ontsluit, en is die eerste van sy soort in Afrika.
Volgens Prof Barend Erasmus, Dekaan van NLW, sal FARM@UP gevestig word as ‘n fasiliteit vir geïntegreerde, landboukundige, hoë-tegnologie en volhoubaarheid-gefokusde navorsing, opleiding en vaardigheidsontwikkeling spesifiek vir Suid-Afrika en die Afrika-streek se toestande. Selfvolhoubaarheid sal nagestreef word en UP se ryke dissiplinêre kundigheid sal die twee kritieke pilare, naamlik teoretiese onderrig en praktiese vaardigheidsontwikkeling, anker.
Dit sal ‘n werkende plaas wees vir die praktiese opleiding van skoliere, studente en bedryfspraktisyns. Dit sal ook ‘n fasiliteit wees vir samewerkende geskaalde navorsing tussen universiteit en bedryf, met die fokus op toekomsgerigte, klimaat-slim landbounavorsing, omvattende opleiding en vaardigheidsontwikkeling. Die Fakulteit is gereed om die horison van Afrika-landbou te vorm.
Erasmus het gesê FARM@UP is ‘n institusionele vennootskap tussen die akademie en die bedryf, wat staatmaak op bedryfssamewerking en vennootskappe vir wedersyds voordelige en kommersieel lewensvatbare ondernemings.
‘n Robuuste navorsingsagenda sal gedryf word deur bedryfs- en samelewingsbehoeftes, met die oog op langer termyn vennootskappe vir impak, van regoor die Afrika-kontinent. Hierdie benadering is belyn met UP se strewe na toenemende transdissiplinêre en translasionele navorsing.
Daarbenewens sal FARM@UP ook ontwikkel word as ‘n sleutelpunt vir vennootskappe met verskeie Afrika- en globale vennote om ultramoderne navorsings- en onderrigfasiliteite (in Landbouwetenskappe) te voorsien vir die opleiding van navorsers en belanghebbendes uit suidelike Afrika en Afrika.
UP is trots en bevoorreg om aan te kondig dat verskeie sleutel-bedryfsleiers, naamlik Agri-Enviro Solutions, Automill, Bitek Industries, Bühler Southern Africa, Kemin, Ronin, en Waikato South Africa, hul reeds verbind het tot vennootskappe in die FARM@UP-ontwikkeling, wat met die ondertekening van amptelike ooreenkomste gefinaliseer sal word.
Waar is die 5760ha gelee?