Categories: News, WheelsPublished On: 29th November 2017

Triton Xtreme se beperkte uitgawe met taai voorkoms

By 4 min read
735 words
mitsubishi

mitsubishi-triton-extreme-side_1800x1800

Mitsubishi Motors Suid-Afrika het sy klante se terugvoer tot nuwe hoogtes geneem met die bekendstelling van ’n opwindende en baie beperkte weergawe van die gewilde Mitsubishi Triton Xtreme, wat in beperkte getalle in 4×4- en 4×2-dubbelkajuitweergawes beskikbaar sal wees.

Die jongste Xtreme Limited Edition in die Mitsubishi-familie is ’n bakkie wat met ’n magdom bykomende praktiese toerusting verpersoonlik is, skitterende toegevoegde waarde bied en netjies in sy nuwe rol pas. Die nuweling voldoen aan die behoeftes en vereistes van bakkie-kopers wat kop en skouers bo die res wil uitstaan en anders as die meeste ander bestuurders in hulle alledaagse bakkies wil lyk.

“Hierdie Xtreme Limited Edition is ’n plaaslike ontwikkeling en is op klantenavorsing ná die bekendstelling van die nuwe Triton vroeër vanjaar gegrond,” sê Nic Campbell, hoofbestuurder van Mitsubishi Motors Suid-Afrika (MMSA). “Ons bied tradisionele bakkieliefhebbers aan die hand van hierdie nuwe spesiale weergawe ’n omgeboude bakkie wat ingevolge hulle persoonlike smaak ontwikkel is.”

Die nuwe Triton Xtreme Limited Edition het sy eie, unieke persoonlikheid met ’n massiewe waardetoevoeging in die vorm van meer as R60 000 se bykomende toerusting en bybehore wat alles deel van die kenmerkende rompstel is. Die fabrieksgemonteerde rompstel sal kopers egter net ’n skrale R20 000 meer as die prys van die gewone Triton-dubbelkajuitweergawe kos.

“Die sterk ontwerp van hierdie spesiale rompstel bied nie net ’n kenmerkende voorkoms nie, maar laat die treffende Triton Xtreme bo sy gespierde bakkieteenstanders uitstaan,” sê Campbell.

“Hedendaagse bakkies met hulle motoragtige rit en passasiersmotorgemak definieer die posisie van die moderne dubbelkajuitbakkie-eienaar danksy die talle praktiese en leefstylvoordele van sy veelsydige rompuitleg,” sê hy.

“Die Triton is bekend vir sy toegevoegde waarde met talle bykomstighede wat sonder bykomende koste reeds deel van sy standaard-toerusting is. Die Triton Xtreme staan nie net uit as ’n omgeboude, beperkte weergawe met omvattende standaard-toerusting nie, maar die feit dat dit deel van die koopprys is, maak dit ’n puik waardekopie,” sê Campbell.

Die Triton Xtreme is die volmaakte voertuig om nou aan te skaf voordat die toestroming na handelaarskappe vir die komende vakansieseisoen begin,” sê Campbell. “Baie van die toerusting wat deel van die Triton Xtreme Limited Edition-pakket is, soos die eksklusiewe swart-en-chroom-allooisierwiele, is gewoonlik die heel eerste bybehore wat nuwe kopers vir hul bakkies aanskaf,” sê hy en voeg by dat dit nou deel van die opwindende nuwe beperkte pakket is.

mitsubishi

“Die Xtreme-naam is in die middel van die 1990’s as deel van die gewilde Colt-bakkiereeks bekend gestel. Dit het sedertdien sinoniem met Mitsubishi-bakkies geword, en was gesogte beperkte produkte in ons fabrikaat se modelreeks. Vanjaar se Triton Xtreme Limited Edition is die vierde keer dat die Xtreme-handelsnaam ingespan word om ’n beperkte aantal bakkies vir die gekunstelde bakkie-eienaar om te bou.”

Die unieke rompstileringstel en aggressiewe nuwe houding van die nuweling met sy klasbeste en splinternuwe MIVEC-turbodiesel van 2,4ℓ wat die stof opskop met 133 kW teen 3 500 r/min en 430 Nm se wringkrag teen 2 500 r/minmaak die Triton Xtreme Limited Edition net die bakkie om in alledaagse avonture gesien te word.

Die ingevoerde rompstel laat die Triton Xtreme-bakkie nie net kop en skouers bo sy mededingers uitstaan nie, maar bied bykomende beskerming vir hoërisiko-komponente soos sy voor- en agterligte, die sierrooster en enjinkap, wielnisse en stertdeur wat teen oppervlakkige skade weens veldrywerk beskerm word.

Die Xtreme Limited Edition-pakket behels die rompstel wat kerndele van die bakkie beskerm, sowel as bykomende praktiese toerusting om die aantreklike voorkoms en veelsydigheid van die nuwe Triton te verbeter – alles teen ’n breukdeel van die prys in vergelyking met die individuele komponente wat gebruik is om hierdie beperkte weergawe op te kikker.

mitsubishi

Die Triton Xtreme Limited Edition se fabrieksgemonteerde rompstel sluit die volgende in:

  • Enjinkapskerms
  • Skerms vir die sierrooster en misligte
  • Ligskerms vir die voor- en agterligte
  • Wielnisskermstroke
  • Skermstroke vir die voor- en agterdeure se handvatsels
  • Triton-gemerkte drumpelplate
  • Swaardiens-rubbermatte
  • Bakseiltjie
  • Stylvolle kajuitstaaf
  • Stertdeurbedekking
  • Brandstofklepbedekking
  • Swart-en-chroom-allooisierwiele
  • Cooper Adventurer-veelterreinbande

Die Triton Xtreme Limited Edition is as 4×2- en 4×4-dubbelkajuitweergawe beskikbaar. Die 4×4-modelle is met handrat- en outomatiese transmissie beskikbaar.

“Die Xtreme-pakket sluit van die duurste bybehore in wat nuwe eienaars gewoonlik aanskaf wanneer hulle hul nuwe voertuie bestel, maar dit is nou deel van die jongste spesiale Triton Xtreme Limited-dubbelkajuit teen ’n breukdeel van die prys,” sluit Campbell af.

“Alles word deur Mitsubishi SA gemonteer en vir gehalte ondersoek deur ingevoerde rompstelle te gebruik, wat beteken al die bykomende Xtreme-toerusting word deur die oorspronklike vervaardigerswaarborg gedek.”

Bron: Mitsubishi Motors Suid-Afrika
mitsubishi

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0