Categories: NewsPublished On: 9th March 2017

TOYOTA HILUX: SA se topverkoper voertuig

By 1 min read
213 words
Toyota Hilux

hilux-2_1800x1800

Die Toyota Hilux is Februariemaand se topverkoper voertuig wat Toyota se totale verkope na 10 780 eenhede geneem het met ‘n markaandeel van 22,4%. Dit beteken dat Toyota weer eens die titel vir die mees gewilde motorhandelsmerk in die land kry.

Calvyn Hamman, senior vise-president vir verkope en bemarking, sê dat die Hilux-syfers bemoedigend is: “Meer as 2 500 eenhede (oor die 81%) is verskuif deur die handelaarskanaal wat ‘n sterk aanduiding is van privaatkoperverbruik wat toeneem.

“As dit kom by die Fortuner wat die groot nutsvoertuigmark domineer, is 1 092 in Februarie verkoop en meer as 90% daarvan aan indiwidue. Die huurmotorbedryf is steeds ‘n goeie bydraer tot verkope en dit het modelle soos die Corolla Quest en Etios gehelp om die 1 100 verkopemark te haal.”

Dit was ook ‘n baie goeie maand vir die RAV4 wat bo aan sy segment (medium SUV) is – met 612 eenhede wat in Februarie verkoop is.

In Maart sal Toyota ‘n meer omvattende reeks SUV’s hê wanneer die nuwe CH-R sy eerste verkopemaand binnegaan en volgens Calvyn sal hierdie golwe in die mark maak.

Ander goeie verkope was by die Corolla (554 eenhede), Land Cruiser 200 (102 eenhede), Prado (103) en die Quantum (1 451 eenhede).

Kommersiële voertuie soos Hino het ‘n 21,4% aandeel van die MCV-mark bereik terwyl die Hino 500 sy aandeel aan die HCV-deel verhoog het na 19,8%.

Bron: Toyota SA

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0