Categories: NewsPublished On: 7th February 2017

TOYOTA aan die voorpunt in 2017 met ‘n 24,3% markaandeel

By 1 min read
157 words
Toyota

fortuner-83_1800x1800

Toyota het 2017 goed begin met uitstekende resultate; die nuwe voertuigverkope vir Januarie in totaal was 12 252 eenhede wat amper 3 800 eenhede bo sy naaste mededinger is. Die markaandeel is 24,3%. Dit beteken dat een in elke vier voertuie wat nuwe huise gekry het in Januarie, ‘n Toyota was.

Toyota se beste verkope voertuig was ‘n Hilux – 2 398 eenhede vir die maand.

Calvyn Hamman, senior vise-president van Verkope en Bemarking, sê: “2 164 van die Hilux se verkope was deur die handelaarskanaal. Ons is ook baie beïndruk met die Etios (2 302) en Corolla Quest (2 221) se verkope; hierdie modelle het die derde en vierde plek op die passasiersmotorlys gevat.”

Toyota se Fortuner het ook 1 233 eenhede en die RAV4 689 eenhede in Januarie verkoop.

Verder het die Quantum (1 192), Avanza (611) en die Land Cruiser-bakkie (286) eenhede verkoop.

“Ek is optimisties oor 2017 se verkope. Ons luister regtig na die stem van die kliënt en dis baie bemoedigend as ons beloon word met goeie verkope,’’ sê Calvyn.

Bron: Toyota SA

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0