Categories: Artikels, Energie, HulpbronbestuurPublished On: 28th April 2026

TotalEnergies: Verbind tot die optimalisering van boerderybedrywighede

By 3 min read
593 words

African farmer is standing in his growing wheat field. He is satisfied after successful sowing.

Van hoëprestasie-smeermiddels en kommersiële grootmaatbrandstof tot vloeibare petroleumgas (LPG), sonkrag en vlootbestuur – ons dryf plaasproduktiwiteit regoor Suid-Afrika.

Energie-oplossings waarop SA boere kan staatmaak

Landbouers is die ruggraat van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Hulle werk onverpoosd om gemeenskappe te voed, die ekonomie te ondersteun en grond vir toekomstige geslagte te bewaar. Agter elke suksesvolle boerdery is daar betroubare energie wat die ratte aan die draai hou, van trekkers en boorgate tot kweekhuise en graandroërs. By TotalEnergies Suid-Afrika gee ons graag erkenning aan hierdie sleutelrol wat boere speel – en is ons daartoe verbind om hulle te ondersteun met energie-oplossings wat net so hard soos hulle werk.

Met meer as 70 jaar se plaaslike ervaring agter die blad, kan boere vertrou op ons reputasie as ՚n verskaffer van hoëprestasie-smeermiddels , brandstof, gas en hernubare energie-oplossings wat vir die moderne landbou ontwikkel is.

Energie-oplossings vir landboubedrywighede

Of jy nou met pluimvee boer, gewasse verbou of ՚n gemengde boerdery bedryf, jou onderneming is konstant onder druk. Doeltreffendheid is dus noodsaaklik en onderbrekings kos geld. Die regte energievennoot kan ՚n wesenlike verskil maak.

Hoë-prestasie grootmaatbrandstof en smeermiddels

Landboutoerusting word aan strawwe toestande onderwerp en ons smeermiddels, wat ons Agri-reeks insluit, is ontwerp om jou toerusting effektief te beskerm. Dit verminder slytasie, verleng die tydperk tussen dienste en verbeter betroubaarheid in die veld. Ons brandstofaanbod sluit Excellium Pro-diesel in en is geformuleer om enjindoeltreffendheid te verbeter en jou toerusting se leeftyd te verleng. Dit beskerm noodsaaklike masjinerie en verminder die risiko van oponthoude tydens plant- en oestyd.

Vloot- en brandstofkaartbestuur vir plase

Die bestuur van ՚n vloot voertuie of trekkers bied talle uitdagings. Die TotalEnergies-vlootkaart vereenvoudig brandstofbestuur deur middel van veilige betalings, intydse verslagdoening en toegang tot meer as 660 diensstasies landwyd. Dit kan ook oorgrens in Namibië en Eswatini gebruik word. Beheer jou brandstofuitgawes en laat jou bedrywighede glad verloop met ons vlootkaart-oplossing.

LPG vir verhitting, droogaksies en verwerking

Ons LPG is ՚n skoonbrandende, kostedoeltreffende energiebron wat geskik is vir verhitting, droogmaakprosesse en verwerking. Van pluimveebroeikaste en droogmasjiene tot warm water in die melkery – LPG bied ՚n buigsame oplossing wat koste en emissies help verminder. Ons LPG-diens word gerugsteun deur installasiebystand en tegniese kundigheid vir optimale prestasie wanneer dit werklik saakmaak.

Sonkrag vir plase, sonder aanvangskapitaal

Ons kragaankoopooreenkomste laat boere toe om na sonkrag oor te skakel sonder enige aanvangsbelegging. TotalEnergies hanteer die installasie, bedryf en instandhouding van die stelsels; jy betaal net vir die energie wat jy verbruik. Jy verlaag dus jou koste terwyl jy volhoubaarheid in die hand werk.

՚n Verspreidingsnetwerk wat jou plaas bereik

Ons het een van die mees uitgebreide verspreidingsnetwerke vir brandstof, smeermiddels en gas in Suider-Afrika en verseker sodoende betroubare voorraad, daar waar dit nodig is – op plase, by koöperasies, silo’s en landbouverwerkingsfasiliteite. Ons spanne bied ook hulpmiddels en ondersteuning om verbruik te monitor, koste te bestuur en doeltreffendheid te verbeter.

Veiligheid, diens en tegniese ondersteuning

Al ons dienste en produkte word gerugsteun deur ons verbintenis tot veiligheid, gehalte en diens. Ons LPG-silinders word streng onderhou en voldoen aan nasionale veiligheidstandaarde, terwyl ons tegniese spanne landwyd beskikbaar is om jou te ondersteun, van brandstofberging tot hernubare energie-beplanning.

Jou vennoot in landbouvooruitgang

TotalEnergies is verbind tot die ondersteuning van Suid-Afrikaanse boere, vandag en in die toekoms. Van LPG en hoëprestasie-brandstof tot sonkrag en vlootoplossings, ons bied meer as blote energie. Ons is jou vennoot in vooruitgang.

Kom ontmoet die TotalEnergies-span tydens NAMPO Bothaville van 12 tot 15 Mei 2026 by stalletjies 18, 19 en 20 in die TotalEnergies-saal, en ontdek hoe ons jou plaas die toekoms in kan neem. Besoek totalenergies.co.za vir meer inligting.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0