Categories: Animal health, Animal Management, Dieregesondheid, NewsPublished On: 5th January 2023

Tigane Bonsmaras is steeds kwaliteit genetika

By 3 min read
563 words

DSC_7475

Voordat die Tigane Bonsmara-stoetboerdery in 2000 tot stand gekom het, het hulle reeds ‘n lang geskiedenis dat hulle met net die beste geselekteerde koeie en stoetbulle boer.

In 1985 is die eerste Bonsmara-bul vir die boerdery aangekoop en op die kruiskoeie gebruik. Sedertdien word topgehalte Bonsmara-bulle gebruik en nou, in 2023, spog die Tigane Bonsmaras-stoet met uitnemende nuwe Kudde Vaars.

 RPE17-042 en RPE17-040 is aangeskaf van Essakov Bonsmaras omdat hulle  sterk, stewige bulle is met goeie syfers en ook die poena geen dra. LAR18-0074, is gekoop by Derick en Tutu Ralfe van UP George Bonsmaras.  Hierdie bul is ‘n seun van die LAR-bul, LAR14-200. Kort op die been met baie lengte.

Ons het die bul LAR 17-263 in April 2022 by Dr Kotie Pienaar van Therese Bonsmaras aangekoop. LAR 17-263 is een van die seuns van “Maestro” LAR 14-173 en ‘n top LAR koei. Sy syfers, lengte en breedte praat vir homself. Ons is baie opgewonde oor die kalwers wat aankom. Ons het ook in Julie 2022 ‘n nuwe LAR bul aangekoop by Derick en Tutu Ralfe van UP George Bonsmaras- LAR19-058, dit is ‘n spesialisversbul met uitstekende groei. Ons is baie opgewonde vir die toekoms met hierdie tipe genetika in die kudde.”

“Die doel met die twee LAR-bulle is om bulle te teel wat laer op die been en dikker in die lyf is,” verduidelik Hendrik en Elmarie Beyers van Tigane Bonsmara-stoetboerdery. “Op hierdie manier beoog ons om ook bulle te teel wat goeie groei toon en ‘n lae geboortemassa het. Ons is opgewonde oor ons pad vorentoe en sien uit om te sien wat die nuwe stoetvaars in die kudde kan doen,” voeg hulle by.

In Oktober het ons ‘n MCU bul aangekoop vanaf Marochel Bonsmaras. Die doel met hierdie aankoop was om die poena geen in die stoet verder uit te brei. Ons gaan MCU 20-133 gebruik op die vorige poena bulle se dogters. Die vorige poena bulle MCU17-202 en MCU17-160 se seuns sal vanaf Aug 2023 op ons veilings beskikbaar wees.

Die bulle op vanjaar se veiling is weereens van hoogstaande gehalte met seuns van vaars uit ANZAK Bonsmaras, Alllem Brothers Bonsmaras, Hansu Trust en  HEB(Tigane Bonsmaras) stoete.

Tussen hierdie groep bulle, gaan jy definitief vir jou top gene kan bekom.

Ons vroulike diere bly ons trots, ons doel is om die veilings diere korrek te selekteer en slegs ons beste diere op die veilings beskikbaar te stel. Ons dragtige verse wat 18 maande/320 kg + op gewig is word met net spesialis vers bulle gedek. Daar word dragtigheidsondersoeke gedoen na dektye en bekken evaluering word op alle verse gedoen. Michiel de Jager van Fecunde en ons veeartse help ons al baie lank daarmee.

Ons is ook erg ingestel op ons BM status, daarom vind daar gereelde toetse oor die hele kudde plaas. RB51 word op speen, 12 maande en 18 maande gespuit. Ons is BM skoon.

Aanbod op veiling:

  • 15 bulle waarvan 5 Versbulle is,
  • 80 Dragtige verse, en
  • 80 koeie met kalwers.

Gasverkopers Jacques en Izelle Calitz van JIA Boerdery. Daar sal koeie met kalwers en dragtige verse vanuit hulle stoet beskikbaar wees.

 Die ander gasverkoper is Johan Vosloo Bonsmaras met 30 vroulike diere.

KWALITEIT VIR NOU….EN DIE TOEKOMS!

Kyk nou na die vroulike diere wat beskikbaar sal wees:

Vir meer inligting, besoek Agri4all.com of gaan na Tigane Bonsmaras se webtuiste.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0