Categories: NewsPublished On: 17th July 2017

Thiele Estates hou suksesvol veiling

By 1 min read
93 words
braford

IMG-20170717-WA0002

Thiele Estates het op 12 Julie hulle tweede produksieveiling gehou op die plaas Schikhoek, Paulpietersburg. 43 kopers het vir die veiling geregistreer.

Die duurste Braford-bul is verkoop vir R92 500 aan Stapelberg Broers van Piet Retief. Die tweede duurste Braford-bul behaal R85 000 en is verkoop aan Kosie van Niekerk van Amersfoort.

30 bulle behaal R45 790 gemiddeld en 20 dragtige verse/tweede kalf-koeie behaal R15 775 gemiddeld.

OVK Standerton het die veiling aangebied met PM Swart as afslaer.

Bron: OVK

Carl Thiele (verkoper), oom Broer Stapelberg en Gerard Stapelberg (kopers), PM Swart (afslaer) en Frederick Nel (OVK) by die veiling.

0
Views: 367Comments Off on Thiele Estates hou suksesvol veiling

Deel hierdie artikel.

0