Categories: NewsPublished On: 17th February 2017

Talentvolle plaaswerkers in die Wes-Kaap gesoek

By 2 min read
308 words
agri's got talent

agris got talent 222

Het jy sangtalent of wil jy dalk ’n ster word? Gryp dan die mikrofoon en begin oefen, want dit is weer tyd vir Agri’s got Talent. Dit is ’n gesamentlike projek van HORTGRO, die VinPro Stigting en die Wes-Kaapse Departement van Landbou en bied aan talentvolle plaaswerkers in die vrugte- en wynbedrywe die geleentheid om groot pryse te wen en hulle sangtalent te ontwikkel.

Esté Beerwinkel, organiseerder van die projek, sê Agri’s got Talent is uniek, omdat dit grense tussen mense afbreek. “Dit gee landbouwerkers die kans om hulle wêrelde te verbreed en met verskeie persone en sektore verhoudinge te bou. Die projek het ook ’n domino-effek siende dat dit nie net die deelnemers se lewe positief beïnvloed nie, maar ook dié van hulle medewerkers, asook die plaaseienaars.”

Enigeen wat kan sing, ouer as 18 jaar is en minstens drie agtereenvolgende maande in die afgelope 12 maande op ’n plaas in die *sagtevrugte- of wynbedryf werk, kan ’n klankgreep inskryf.  Die projek bestaan uit ’n keuringsproses, ’n weeklange sangopleiding- en lewensvaardighede-kursus vir die top 10 finaliste, asook ’n gala-aand waartydens ’n span beoordelaars die wenner aanwys.

Die wenner ontvang ’n kontantprys en die kans om by landbougeleenthede op te tree. Vanjaar is die vierde jaar wat Agri’s got Talent aangebied word. Die vorige wenners van Agri’s got Talent, Ayabonga Mhobo, Armando Baartman en Neville Fortuin, tree gereeld op, met Ayabonga wat ook al in Nederland naam gemaak het.

*Slegs landbouwerkers in die volgende bedrywe mag inskryf: appel, peer, pruim, nektarien, appelkoos, granaat, framboos, kersie, droëvrugte, heuningbostee, tafeldruiwe, fynbos en olyf.

  • Inskrywings open 15 Februarie 2017 en sluit 15 Mei 2017.
  • Stuur jou klankgreep op WhatsApp na: 082-372-1557
  • Vir meer inligting en reëls oor die kompetisie: com/about/
  • Volg ons op Facebook (Agri’s got Talent) en Twitter (@agritalent).
  • Of kontak, Esté: 021 870 2919, este@hortgro.co.za.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0