Tractor Warehouse
Kubota annekseer die Goue Myl
Met ’n gemiddelde prys van R160 000 per hektaar vir ’n stuk grond in die Loskop-skema, word die pad tussen Marble Hall en Groblersdal nie verniet die Goue Myl genoem nie. Alhoewel die opbrengs op hierdie grond met hierdie water en met hierdie klimaat uitstekend is, kan ’n boer wat grond bewerk in hierdie peperduur streek, nie bekostig om foute te maak nie; daarvoor is die grond te kosbaar. Daarom doen die wyse boer deeglike navorsing en koop vanuit die staanspoor net die beste, doeltreffendste werktuie.