NAMPO Virtueel
LEMKEN Azurit-mielieplanter
LEMKEN SA het by NAMPO Virtueel die hoë-tegnologie Azurit-mielieplanter waarna Suid-Afrikaanse boere al lank uitsien bekendgestel. Gaan kyk gerus hier hoe lyk die planter in aksie en lees hier https://http://proagri.co.za.www43.cpt3.host-h.net/lemken-verskuif-plantergrense-met-die-azurit/ meer oor die planter. Besoek ook LEMKEN by NAMPO Virtueel.
Eerste virtuele landbouskou en konferensie uitverkoop
Die Suid-Afrikaanse landboubedryf het weereens sy deursettingsvermoë getoon met die aanbied van die eerste NAMPO Virtueel. Met die nalatingskap van die NAMPO Oesdag, neem die NAMPO-handelsmerk nog ‘n tree vorentoe met dié inisiatief om aan sy vennote en kliënte die geleentheid te bied om steeds produkbekendstellings te doen, handel[...]