kies die regte stroper
Die regte stroper maak 'n taai taak soet Deel III
In die vorige artikels het ons gelees hoe die rugbreekwerk van koringsny met die sekel en die pynlike werk van mieliekoppe pluk met die hand nou deur die flukse en onuitputlike koringtafel en mielieplukkerkop oorgeneem is. Nou moet die koringkorrels uit die aar of die mieliepitte van die kop geskei word en daarvoor lig ons die stroper se deksel om te kyk hoe sy binnewerke werk.