gids
Sorg so vir jou skape in die somer
’n Bondige, handige naslaangids om gereeld seker te maak dat jy nog op die regte spoor is met die bestuur van jou diere, is nooit te versmaai nie. Die produsentedienste van die Wolkwekersvereniging van Suid-Afrika (NWKV) gee elke tweede maand ’n bestuurskalender vir wolskape in die somerreën-gebiede van Suid-Afrika uit. Hier is die Desember- en Januarie- uitgawe wat jou sal help om jou veekudde beter te bestuur.