24 tot 28 Augustus
Die Jakaranda Landbouskou bied ’n fees van landbou…en help Boere in Nood
Die Jakaranda Landbouskou, wat vanaf 24 tot 28 Augustus 2016 by die Tshwane Events Centre gehou word, gaan vanjaar ’n fees van landbou, wildboerdery, landboumasjinerie, lewendehawe, landbousake-ontwikkeling, tegnologie en organiese boerdery aanbied. Perde-, beeste-, pluimvee en sierduif-aktiwiteite is op die program. Daar is ook ’n Internasionale Afrikanerbees-ekspo, ’n werksessie[...]