Syngenta vier slimboerdery by hulle Bewese Tegnologie-beraad

syngenta-xx
Syngenta, ‘n wêreldleier in landboutegnologie, hou hierdie week ‘n beraad vir aartappel- en somergraanboer. Dit staan bekend as die SmartFarm Bewese Tegnologie-beraad. Deur die SmartFarm Bewese Tegnologie-beraad wil Syngenta plaaslike produsente aanmoedig om die manier waarop hulle boer, besluite maak, produkte aankoop en in gewasse belê te verander, wat daartoe sal lei dat hulle op die lang duur slim besluite sal maak en groter opbrengste sal lewer.
Die hoofdoel van die Beraad is om produsente te betrek deur tegnologie as die hooftema te bespreek. Twee van Syngenta se denkleiers is ook by die geleentheid aan die woord: Ron Wohlhauser praat oor Toepassingstegnologie en Dino Sozzi oor Formuleringstegnologie, met die fokus op Syngenta se swamdoder, Amistar, en die onkruiddoder, Callisto, asook die produktegnologie-markleier, PotatoPack.
Boere kan eerstehands kennis maak met Syngenta se Formuleringsaanleg, hulle Saadsorginstituut (die eerste op die Afrika-kontinent) en die handelskou op Brits, wat Syngenta se nuwe deurbraak-onkruiddoderverpakkingsbaan ten toon stel.
Die SmartFarm Bewese Tegnologie-beraad is in lyn met Syngenta se Goeie Groei-plan, wat daarop gemik is om die volhoubaarheid van die landbou op wêreldskaal te verbeter teen 2020.
Syngenta bereik nie net boere met die veldtog nie, maar ook verbruikers.
Die maatskappy sê in ‘n verklaring: “Verbruikers regoor Suid-Afrika bewus moet wees van die kritieke rol wat ons produsente in ons gemeenskap speel, asook van die uitdagings waarmee ons produsente te kampe het om voortdurend voedsel aan ons land te voorsien.”
Syngenta het dus saamgespan met die nasionale uitsaaier, RSG, om aan boere die erkenning te gee wat hulle verdien. “SlimBoer, ʼn oes van Slim Keuses” word hierdie week daagliks uitgesaai op RSG se Tjailatyd met Amore Bekker. Luisteraars word aangemoedig om hulle stories te deel oor die rol wat boere in hulle daaglikse lewe speel, en boere vertel wat dit behels om in hierdie moeilike tye ’n produsent in Suid-Afrika te wees. Luisteraars kan inbel om hulle stories te vertel en staan ook ’n kans om R2 500 kontant te wen.
“In hierdie era is daar talle veranderlikes wat ’n impak op ons landboubedryf het. Hoewel ons geen beheer oor party daarvan het nie, is daar dié wat beïnvloed kan word tot voordeel van die produsentegemeenskap sowel as die verbruikers. Syngenta se SmartFarm Bewese Tegnologie-beraad verteenwoordig maar net nog ’n stap daarin om harmonie te verkry ondanks teëspoed.”