Categories: NewsPublished On: 1st February 2012

Swaar-tronkstraf-vir-renosterstropers

By 1 min read

Drie Mosambiekers is elk tot 25 jaar tronkstraf gevonnis nadat hulle skuldig bevind is aan renosterstropery. Hulle is in 2010 in hegtenis geneem met afgekapte renosterhorings in hulle besit.

Aselmo Baloyi, Jawaki Nkuna en Ismael Baloyi is aangekla van ‘n onwettige renosterjag wat in 2010 in die Krugerwildtuin plaasgevind het. Die drie is in Phalaborwa se hooggeregshof gevonnis.

Hulle is skuldig bevind op klagte van onwettige renosterjag, die besit van ’n semi-outomatiese aanvalsgeweer, ’n jaggeweer en ammunisie.

Mnr David Mabunda, besturende direkteur van Sanparke, sê die mans is 10 Julie 2010 in hegtenis geneem in Mooiplaas, in die Krugerwildtuin. Twee horings wat pas afgekap is, is in hulle besit gevind. Volgens mnr Mabunda is daar verlede jaar altesame 232 vermeende stropers in hegtenis geneem. Hy het sy tevredenheid oor die vonnis beklemtoon en gesê dat dit ‘n teken is dat Suid-Afrika die nood van renosters raaksien.

 

Bron: BuaNews

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0