Summer sale 2022

Dik Daanreg
Santarific Santa Gertrudis is gestig in 2008 en het al nege gesamentlike produksieveilings saam met mede-telers gehou. Op 8 September 2022 hou ons self, ons derde produksieveiling genaamd Summer Sale.
Summer Sale bied aan top genetika van ons twee stoete: Santarific Santa Gertrudis en Dormerific Dormers asook van Sombrero Santa Stoet van Jan Botma.
Santarific het die afgelope 2 jaar 21 stoetbulle verkoop aan stoettelers en ongeveer 40 na kommersiële boere. In 2021 het Santarific tydens ons Summer Sale die SA rekordprys gekry vir ‘n koei met ‘n bulkalf – R120 000. Ons sien uit om vanjaar weer van die beste genetika Santas en Dormers aan te bied by ons derde Summer Sale op 8 September 2022 te Be Human – Middelwater, net buite Bloemfontein.

DORMERIFIC DORMERS

Dormerific Dormers is gestig in 2018 en het uit die staanspoor besluit om net te belê in goeie genetika. Die Dormers het puik pryse behaal die afgelope 2 jaar en doen ook die jaar sy 3de produksieveiling. Daar word van verskeie moderne metodes gebruik gemaak, soos Embriospoelings en Laparoskopieë waar daar dan ook geslagsbepaalde saad gebruik word. Die lampersentasie staan op 188%.
Die ram Dik Daan JH 18-130 het ’n groot invloed op die Dormerific kudde en een van sy beste seuns , DR 20-22 (Checkmate) kom die jaar op die Summer Sale. Timmy Robertson is in beheer van die stoet en leef sy passie uit deur gedurig die stoet te groei met nuwe top genetika.
SANTARIFIC SANTA GERTRUDIS

Santarific Santas het in 2020 en 2021 die Wêreldkampioen Santa Bul vertoon. Daar word gebruik gemaak van top genetika om die stoet te verbeter. Santarific is baie betrokke by genomika, skandering van diere vir groei- en vleiskwaliteit, asook Fase C en D toetsing van jong bulle. Streng seleksie word in die kudde toegepas met die fokus wat veral is op eienskappe soos vrugbaarheid en groei.
Die stoet het al verskeie kampioene landswyd opgelewer. SS 19-29 is ‘n besonderse stoetbul wat in ons kudde gebruik was en sal as Lot 5 aangebied word op vanjaar se Summer Sale.
Kontakbesonderhede: Timmy Robertson, 079-493-0115, robertson12timmy@gmail.com
FACEBOOK:
Santarific Santa Gertrudis
Dormerific Dormers
Summer Sale 2022
INSTAGRAM:
@santarific_santa_gertrudis
@dormerific_dormers
