Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 5th June 2023

Sukkel jy sonder krag? Heuer Solar het die sonkragoplossing vir jou

By 2 min read
423 words

327114737_1977820739216656_3332905293200209615_n

Sonkrag het ‘n groot naam in Suid-Afrika geword danksy daaglikse beurtkrag. Geen besigheid of boerdery kan oorleef indien hulle nie ‘n plan B het vir wanneer die krag af is nie. Naas kragopwekkers is sonkrag op die langtermyn die beter opsie, veral met die brandstofpryse wat gereeld styg.

Besigheidseienaars en huishoudings kan ook lenings by banke aangaan om ‘n sonkragstelsel vir hulle hele huis op te sit. Of hulle kan eers klein begin deur net die nodigste in die huis te trek en dan later die stelsel uit te brei. Die son gaan immers nêrens heen nie.

Werner van Niekerk van Heuer Solar het so geleentheid al twee jaar terug raakgesien toe die beurtkrag al erger word en Eskom al meer agteruitgaan. Sy besigheid, Heuer Solar is wel eers vanjaar geregistreer.

“Die aanvraag vir sonkrag het so groot geraak en dit gaan nog vir die volgende 10 jaar so lyk,” sê Werner.

Hulle het ‘n gekwalifiseerde elektrisiën wat vir hulle werk en is gebaseer in Centurion, Pretoria en werk ook in ‘n radius van 300 km om Pretoria.

“Die inverters wat ons gebruik is net Sunsynk Inverters wat van die beste op die mark tans is. Dit kom saam met ‘n WiFi dongle en toepassing wat mens kan gebruik om te sien hoeveel krag jou huis gebruik en hoeveel kW die son verskaf. Ons help ook ons kliënte met die toep,” voeg hy by.

Die inverters kan ook met kragopwekkers gekoppel word indien die kliënt ‘n rugsteun opsie wil hê.

“Verder gebruik ons lithium batterye. So battery het ‘n leeftydperk van 10 tot 15 jaar afhangend van hoe dit gebruik word of 6000 siklusse,” sê Werner.

Werner noem dat daar jaarlikse onderhoud is wat op so stelsel gedoen moet word om seker te maak dat hy ten volle werk.

“Panele moet weekliks tot maandelikse skoongemaak word om 100% die son te gebruik. Jy spuit dit net af met skoon water en kan met ‘n sagte besem vee,” sê hy.

Sodra die kliënt ‘n deposito betaal om so stelsel te laat installeer vat dit twee tot drie dae vir Werner om die voorraad te kry en wanneer hulle uitgaan vir installasie vat die installasie ook gemiddeld twee tot drie dae afhangend van die grootte van die stelsel.  

Na elke installasie word die kliënt ‘n 5 jaar waarborg gegee.

Kontak Heuer Solar vandag nog om nie in die donker te sit nie by 082-460-9402, heuercc@gmail.com of besoek hulle Facebookblad by: https://www.facebook.com/people/Heuer-Solar/

Hier is die pakkette wat hulle aanbied:

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0