SPOORVAT Online laat boere weer beheer terugneem

-bg310-mfp–solarni-panel-
Die waardevolle voordeel van 32 jaar se ervaring in die sekerheidsbedryf is nou tot boere se beskikking om hulleself, hulle gesinne, hulle diere en ander eiendom teen booswigte te beskerm.
Herman Kresfelder het 32 jaar se ondervinding in die sekuriteitsbedryf. Hy doen konsultasiewerk regdeur Afrika vir hotelle en toerismesake. By elke klant het hy dieselfde probleem gesien: “Almal sit CCTV-kameras op en dan, nadat iets gebeur het, gaan kyk iemand na die beeldmateriaal wat vasgevang is. Hierdie soort kameras is nie televisiekameras nie,” verduidelik hy.
“Mense dink hulle gaan ‘n oortreder se gesig kan uitken, maar dit is 90% van die tyd nie moontlik nie.
“As jy kameras oprig omdat jy proaktief wil wees, dan moet jy mense betaal om beurte te maak om die skerms dop te hou – dit alles nadat jy duisende rande aan jou stelsel spandeer het!”
Daarom het Herman begin soek na ‘n beter alternatief. Sy oplossing? Lokvalkameras wat gewoonlik vir wildkyk gebruik word. Dit het soortgelyke eienskappe waarna hy gesoek het, maar dit was ook nie perfek nie. Verdere navorsing het hom gelei na ‘n produk van die buiteland wat geen internetverbindings nodig het nie.
“Ek het toe met die fabriek gepraat en verduidelik ons wil nie diere daarmee afneem nie. Ons wil skelms betrap.” Dit was twaalf jaar gelede.
“Ons het reeds duisende verkoop. Mense het ‘n behoefte aan ‘n kamera wat enige plek kan wees om pype of kabels op te pas. Jy kan dit enige plek oprig, hetsy ‘n hek, pompkamer of skuur; enige plek,” beaam hy.

SPOORVAT Online se kameras werk so
Die kamera het sy eie battery, SIM-kaart en werk met ‘n toep op jou foon.
Die kamera word gemonteer op die plek waar die boer kies. ‘n Geheuekaart binne in die toestel berg al die beeldmateriaal. Die SIM-kaart maak dit moontlik vir die toestel om met die toep op jou selfoon te kommunikeer. Daar is ‘n ingeboude bewegingsensor wat die kamera laat opneem wanneer dit beweging raaksien.
Wanneer dit gebeur, stuur die kamera binne dertig sekondes drie foto’s na jou selfoon. Op die drie foto’s kan jy self bepaal of dit ‘n vals alarm is deur ‘n dier, en of die mens wat die beweging veroorsaak vriend of vyand is.
Dit help jou om proaktief en voorkomend jou gesin en besittings te beskerm.
Die kamera werk met infrarooi wat beteken die beeld wat in die nag vasgevang word vertoon in wit en swart, maar niemand wat jou grond betree kan sien daar is ‘n kamera as hulle nie weet dit is daar nie.
Indien jy na die tyd die video van die gebeurtenis wil sien, kan jy die geheuekaart uithaal en op jou rekenaar na die video kyk.
Om die foto te stuur is goedkoop, omtrent drie sent per foto. Jy laai die data op die SIM en dit kan jou minder as twintig rand per maand kos.
Die toep kan jy in jou foon se toepassingwinkel aflaai. “Dit is die Molnus-toepassing wat gratis beskikbaar is vir aflaai.

SPOORVAT Online se kamera het homself bewys
“Daar was ‘n voorval wat wyd en syd deur Suid-Afrika versprei is,” vertel Herman. “Een van ons klante buite Pretoria kon ‘n plaasaanval afweer te danke aan sy kamera. Toe die kennisgewing deurkom, het die klant gesien daar is vier mans wat sy perseel betree.”
Anders as met ander vroeë waarskuwingstelsels wat net ‘n alarm lui, stel hierdie toestel jou in staat om te kan sien wat aangaan. “Baie kere wanneer mense gaan kyk hoekom ‘n alarm skree, is dit òf te laat òf die oorsaak is weg en bly ‘n raaisel.”
Dit is veral belangrik wanneer ‘n boer die kamera oprig byvoorbeeld by sy hek wat ‘n hele ent van die huis af weg is. Boonop bly die toestel verskuifbaar.
“Ons het ook baie sukses gehad met stropers vastrek in die Krugerwildtuin. Dit word opgestel as ‘n lokvalkamera wat veldwagters waarsku wanneer die stropers die park binnekom.”

SPOORVAT Online se kamera bied meer as net sekuriteit
Omdat die kamera twee-rigting kommunikasie het, kan die gebruiker vanuit die toep met die kamera kommunikeer. Pleks daarvan dat beweging dan die kamera aktiveer, druk die eienaar ‘n knoppie op die toepassing om foto’s aan te vra. “’n Boer kan dit tot gebruik om watervlakke na te gaan, want jy kan sien of jou dam vol of leeg is,” noem Herman.
Bykomende gerief vir die boer is dat die toestel nou ook met ‘n klein sonpaneeltjie beskikbaar is.

Om jou kamera te bestel of meer inligting te bekom, kontak Herman op herman@spoorvatonline.co.za of (+27)60-981-6817.