Categories: NewsPublished On: 19th December 2014

Slegte weer knou lietsjieproduksie

By 1 min read
120 words

Foto: flora.coa.gov.tw

Lietsjie liefhebbers sal hulleself moet staal vir moontlike hoë pryse en ‘n skaarste aan die soet subtropiese vruggies oor die komende seisoen.

Gavin Hardy, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lietsjietelersvereniging (SALGA) het gesê klimaatstoestande het gelei tot ‘n 30% minder produksie as verlede jaar. “Dit sal nie ‘n groot invloed op die uitvoervolumes hê nie, maar die plaaslike mark sal waarskynlik tekorte ondervind. Hoewel volumes af is, is die kwaliteit van die vrugte steeds uitstekend.”

Die meeste Suid-Afrikaanse lietsjies gaan na die Europese mark en Hardy het gesê alhoewel die die markpryse daar soortgelyk is aan verlede jaar, is dit bevredigend. “Maar ons kan nie regtig met sekerheid sê alvorens die vrugte op die mark is nie.”

 


 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0