Categories: NewsPublished On: 6th February 2017

Skaapvleispryse bly stewig

By 2 min read
428 words
red meat

fiorentina

raw T-bone on white background

Plaaslike pryse is tans steeds stewig weens die sterk vraag wat in die feesseisoen voorgekom het. Pryse mag egter tot ‘n mate verslap weens verbruikersweerstand teen hoër pryse.

Internasionaal mag ‘n sterk aanvraag van Sjina skaapvleispryse oor die korttermyn verstewig, veral met die nuwejaarsvieringe in dié land, volgens ABSA Agri Trends.

Plaaslik

Skaapvleispryse was gedurende die feesseisoen hoër, maar daar mag afwaartse druk op pryse wees as gevolg van ‘n seisoenale daling in vraag gedurende Januarie. Daar mag ook verbruikersweerstand teen die hoër pryse wees. Die goeie reënval kan egter daartoe lei dat pryse versterk weens die herbouing van kuddes.

Die voorspelde ABSA-pryse was as volg: Klas A is 0,50% laer teen R62,20 per kg en Klas C is 0,44% hoër teen R50,21 per kg. Die gemiddelde pryse van voerlammers het sywaarts verhandel teen R30,38 per kg. Die gemiddelde prys van Dorperskaapvelle het 10,18% laer verhandel teen R40,92 per vel en Merino het 10,00% hoër verhandel teen R89,52 per vel.

Bulmark faktore

  • Pryse word ondersteun deur die feit dat verbruikers meer geld spandeer het in die vakansie en dit het die pryse tot in Januarie versterk.
  • Gunstige weervooruitsigte mag die veemark ondersteun omdat weiding verbeter en kuddes herbou word. Dit mag veepryse hoog hou.

Beermark faktore

  • Week-op-week stygings van 60% in slagsyfers (RMAA statistiek) het moontlike druk op markpryse geplaas. Gedurende die week wat op 15 Januarie geëndig het, het Klas A-pryse week-op-week van R68,70 per kg tot R62,51 per kg gedaal.
  • ‘n Verlangsaming in vraag het gedurende Januarie voorgekom, in lyn met seisoenale neigings.

Internasionaal

Die Nieu-Seelandse lamspryse was in die week van 24 Januarie 2017 meestal laer vergeleke met die vorige week. Lam het 0,92% laer afgesluit op NZ$75,4 per kop vir ‘n 15 kg lam. Lamspryse was 1,03% laer teen NZ$105,5 per kop vir ‘n 21 kg lam. Ooie het sywaarts afgesluit teen NZ$63,00 per kop vir ‘n 21 kg ooi. Invoerpariteitspryse vir lam was 0,27% hoër teen R55,53 per kg, terwyl die invoerpariteitsprys vir skaapvleis 1,04% hoër was teen R37,31 per kg.

Bulmark faktore

  • Voorrade bly baie laag en omdat die markte daarvan bewus is dat dit so sal bly deur die jaar, is kliënte gretig om nou van die produk te bekom.
  • Pryse het op hoë vlakke gebly en na verwagting sal dit verder styg, veral in Sjina en die Midde-Ooste.
  • Stygende voorrade van Nieu-Seelandse lam het sover hierdie seisoen nie daarin geslaag om die vraag na die produk te demp nie.
  • Pryse versterk soos wat Australië-dag naderkom.

Beermark faktore

  • Pryse daal dié tyd van die jaar tipies soos wat produksie verhoog.

Bron: RPO se Februarie Nuusbrief

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0