Sernick Bonsmara ontvang vleisbedryftoekenning

bonsmaras
Sernick Bonsmara het die LNR Nasionale Vleisbees Veeverbeteringskudde van die jaar 2016-toekenning ontvang – ‘n gesogte toekenning in die Suid-Afrikaanse vleisbedryf.
Nick Serfontein, voorsitter van die Sernick-groep het die toekenning ontvang. “Dis ‘n groot eer wanneer jare se harde werk en toewyding erken word. Dit was ‘n spanpoging en kon nie alleen vermag word nie,” sê Nick.
Die doel van die toekenning is om erkenning te gee aan telers wat uitblink in verskeie kriteria wat verband hou met prestasietoetsing, genetiese verbetering, teling en bestuur.
Bonsmara-bul, NFS 14 0204, van die Sernick Bonsmara stoet was ook een van drie bulle wat ‘n LNR Nasionale Platinum Bul-toekenning ontvang het. Na hierdie kategorie word gewoonlik na verwys as die beste van die beste.
Die toekennings is deur die Nasionale Vleisbeesaantekening en -Verbeteringskema van die LNR by die Jakaranda Landbouskou aangebied.
Bron: Bizcommunity