Sekere leeutelers hou gevaar vir SA se wildlewe in

KONICA MINOLTA DIGITAL CAMERA
KONICA MINOLTA DIGITAL CAMERA
Die Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika veroordeel ten sterkste die wanvoeding van die leeus by Walter Slippers se teel-in-aanhouding geriewe.
“Dit is as gevolg van hierdie praktyke dat die Professionele Jagtersvereniging van SA by hulle laaste jaarlikse vergadering besluit het om hulle rug op die teel-in-aanhouding leeujag-bedryf te draai,” sê die uitvoerende hoof, Tharia Unwin.
Sy sê beelde van honger leeus wat gevange gehou word agter ‘n heining lyk sleg vir SA se jag- en toerismebedryf. “Ons wildlewe is een van die hoof toerisme-aantrekkingskragte.”
Tharia voeg by dat mnr Slippers nie ‘n lid van SAPA (South African Predator Association) is nie en sê alhoewel die Professionele Jagtersvereniging van SA en SAPA nie meer vennote is nie, erken hulle die moeite wat SAPA doen om leeuteling op ‘n aanvaarbare vlak te doen.
“Die wildlewe-bedryf doen hulle beste om jag op ‘n etiese manier uit te beeld en dit te bewaar, nou kom mnr Slippers met sy honger leeus en ondermyn dit alles.”
Bron: Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika