Scania se diensomwenteling bied kliënte ‘n winsoplossing

Screenshot 2022-04-04 121355
Die vervoerbedryf staar tans reuse veranderings in die gesig. Nuwe tegnologie, sakemodelle, verwagtinge van kliënte en behendiger markbetreders plaas ernstige druk op operateurs om beter diens teen ՚n laer koste te lewer.
Daarby is die aansienlike styging in brandstofpryse, ՚n swak ekonomie en die ernstige beweging om koolstofvrystellings te moniteer en te beheer, besig om ՚n geldelike drukgang te skep – veral vir baie plaaslike vervoeroperateurs wat probeer om mededingend te bly.

Maar daar is goeie nuus! Scania se vooraanstaande datagedrewe diensoplossings beloof om ՚n verskil te maak. Deur mark-eerste oplossings te bied, het Scania se kliënte nou toegang tot verpersoonlikte kostebespa-ringsgeleenthede. “Elke tegnologiese vooruitgang by Scania het ten doel om meer wins vir die kliënt te verdien,” verduidelik Russel Pinard, Scania Suid-Afrika se streeksbestuur-der van Kommersiële Dienste. “Die vervoerbedryf loop op brandstof, maar kliënte se winsgewendheid berus al hoe meer op data.”
Van optimale onderhoud tot verbeterde brandstofdoeltreffendheid, asook baanbrekeropleiding vir trokbesturders, gebruik Scania data om op te spoor hoe selfs die kleinste bedryfsbesonderhede op ՚n kostedoeltreffende manier toegepas kan word. “Sonder die data weet jy nie wat jy nie weet nie,” voeg Russel by.
Elke trok word verskillend gebruik en bestuur. ՚n Veralgemeende diensoplossing neem nie hierdie faktore in ag nie. Diensintervalle wat op ՚n vaste aantal kilometer uitgewerk is maak dat ՚n voertuig te veel of te min versien word.
Scania se nuwe buigsame onderhoudsplan laat deurlopende monitering van indiwiduele trokdata toe. “Faktore soos topografie, stop/ry-bestuursdata, padgrofheid, weersomstandighede en vraggewig het almal ՚n invloed op wanneer die trok versien moet word,” sê Russel. Werkliketyd-bestuursdata en gevorderde algoritmes bepaal met ՚n hoë akkuraatheid die regte tyd vir ՚n diens deur na indiwi-duele toestande te kyk.
Wanneer verskeie probleme opduik, wys dit dat versiening moet plaasvind. Elke voertuig se data bepaal wanneer dit versien moet word.
“Verskeie bestuurstyle en werksomstadighede dra by om die diensintervalle te bepaal,” sê Russel. “Sommige voertuie sal korter intervalle benodig, waar ander eerder by langer intervalle sal baat vind.” Deur spesifieke gedeeltes te teiken vir dienste, kan diensonkostes saamgevoeg word.
Brandstofdoeltreffendheid is ook verbeter omdat voertuie in hulle piektoestand bedryf word.
Onnodige administrasie word ook uitgeskakel. Indiwiduele diensplanne word weekliks dinamies hersien. Die verslag word na die voertuig, Scania-werkswinkels en die vlootbestuursportaal gestuur. “Ons skakel ons kliënte wanneer versiening nodig word,” vertel Russel. “Dit verwyder die las van administrasie. Nou neem Scania die verantwoordelikheid oor om die kliënt te kontak wanneer die versieningstyd aanbreek sodat dit aangeteken kan word vir ՚n tyd wat die operateur die beste pas.”
Soos Scania die oorgang na ՚n meer volhoubare vervoerstelsel deurvoer, maak dit hulle die leier in datagedrewe intelligensie. Deur data-insig om te skakel na langtermyn volhoubare kostebesparing, buigsame diensintervalle en verbeterde brandstofgebruik, verkry Scania-kliënte optimale werksverrigting. Die resultaat is verbeterde winsgewendheid. In vandag se mededingende en vinnig veranderende vervoerbedryf is dít noodsaaklik vir sukses.
Scania is ՚n wêreldleier in vervoer-oplossings. Saam met ons vennote en kliënte voer ons die verandering na volhoubare vervoerstelsels aan. In 2019 het ons 91 700 vragmotors, 7 800 busse en 10 200 nywerheids- en mariene-enjins aan kliënte verskaf. Netto verkope het oor die SEK 152-biljoen (R240- biljoen) behaal waarvan 20 persent diensgeoriënteerd was. Scania, wat reeds sedert 1891 bestaan, word nou in meer as 100 lande bedryf en het meer as 51 000 mense in diens. Navorsing en ontwikkeling is gekonsentreer in Swede, met takke in Brasilië en Indië. Vervaardiging vind hoofsaaklik plaas in Europa, Latyns-Amerika en Asië, maar daar is ook streeksgebonde vervaardigingsentrums in Afrika, Asië en Eurasië. Scania is deel van TRATON SE. Vir meer inligting, besoek gerus www.scania.com.
Vind meer uit by www.scaniaservicesolutions.co.za
Vir meer inligting, skakel Teboho Mankga, die korporatiewe kommunikasiespesialis van Scania Suid-Afrika se afdeling Bemarking en Kommunikasie, by 27-11-661-9600, of stuur ՚n e-pos na teboho. mankga@scania.com.