Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 21st September 2020

Scania: 25 jaar aan die voorpunt van die vervoerbedryf in SA

By 3 min read
606 words

19152-001

Volhoubare sake-oplossings was nog altyd die kern wat Scania Suid-Afrika vir hulle kliënte aanbied. “Ons weet dat ons net suksesvol is as ons kliënte slaag,” sê Fabio Souza, besturende direkteur van Scania Suidelike Afrika.

Sedert Scania se bekendstelling in Suid-Afrika 25 jaar gelede met die eerste handelaars wat in Johannesburg, Kaapstad en Durban oopgemaak het, was Scania Suid-Afrika die dryfkrag na volhoubaarheid in Suid-Afrika se vervoerbedryf.

“Ons kliënte se bedrywighede en doeltreffendheid is die middelpunt van ons waardeketting,” sê Fabio.

“In ’n bedryf waar prestasie en betroubaarheid die verskil maak, is ons fokus om te verseker dat ons kliënte hulle ondernemings winsgewend kan bedryf. Die grondslag hiervan is bedryftyd en voertuie wat uitstekende produktiwiteit lewer.”

Om ’n vervoeronderneming in hierdie moeilike tye staande te hou, moet koste bespaar word en dit is waar Scania Suid-Afrika se dekadeslange verbintenis tot die totale bedryfsekonomie (TOE) hulle die toonaangewende markstatus verseker het.

“Die vervoerbedryf verwag hoë gehalte van vervoeroperateurs,” verduidelik Nomonde Kweyi, hoofbestuurder van bemarking en kommunikasie, Scania Suid-Afrika.

“Die stryd om aan daardie vereistes te voldoen, is ’n deurlopende stryd teen klein winsgrense. ’n Gewone oplossing verklein daardie winsgrense en daarom is Scania SA se voertuie en dienste alles behalwe gewoon,” voeg Nomonde by.

Scania se bekende modulêre stelsel bied die kliënt ‘n pasgemaakte vragmotor en ’n span by Scania Suid-Afrika wat gereed is om oplossings te vind.

In 2019 het Scania SA ’n suksesvolle bekendstelling gehad van hulle New Generation-reeks wat internasionaal aangewys is as Trok van die Jaar. Die vragmotor is deel van die volgende geslag vragmotorreekse wat brandstof bespaar, veilig is, gerieflik is vir die drywer, meer bedryfstyd bied en minder bedryfskoste verg.

Scania pylon

“Die bekendstelling was ’n mylpaal vir Scania Suid-Afrika,” sê Nomonde.

“Met hierdie nuwegeslagreeks gaan volhoubaarheid en winsgewendheid hand aan hand.”

Volhoubaarheid word verder nagestreef deur Scania SA se alternatiewe brandstofprojekte. Scania het met die Greenscape Sector Development Agency in die Wes-Kaap saamgewerk om die lewensvatbaarheid van volhoubare biobrandstof in Suid-Afrika te ontwikkel.

Die afgelope 25 jaar het Scania Suid-Afrika ook ‘n groot omwenteling gemaak wat bestuurderopleiding, onderhoud van vragmotors en gekoppelde dienste betref.

“Ons bied wêreldklas trokbestuurdersopleiding. Daar is ’n groot vraag na ervare bestuurders in die Suid-Afrikaanse mark. Ons opleiding bied gevorderde bestuurstegnieke wat brandstof bespaar, veiligheid verhoog, en die maksimum bedryfstyd verseker,” sê Nomonde.

Onderhoud is ook geoptimaliseer wat die operateurs in staat stel om staantyd te verminder en teëspoed te vermy.

“Ons Scania Connected Services bied afstanddiagnosering, intydnasporing en gee operateurs insig en beheer oor die status en prestasie van hulle vlote soos nog nooit voorheen geken nie,” verduidelik Nomonde.

“Omdat ons stelsels so maklik is om te gebruik, gebruik mense dit al hoe meer, in al hoe meer besonderhede en met al hoe meer gunstige resultate.”

Scania se verbintenis om volhoubaar terug te gee aan die gemeenskap waarin hulle werk, was ook vir hulle die afgelope dekades ’n belangrike fokuspunt. Scania Suid-Afrika het in samewerking met plaaslike gemeenskappe nuwe geleenthede geskep vir SEB-eienaarskap, onderrig en vaardigheidsopleiding.

“’n Volhoubare samelewing word geskep wanneer ons omgee vir almal in die samelewing,” sê Nomonde.

Om ’n onderneming vir ‘n kwarteeu te onderhou, is geen geringe prestasie nie, maar om ’n onderneming in ’n leiersposisie in die Suid-Afrikaanse vervoerbedryf te onderhou, getuig van die harde werk en lojaliteit van Scania se mense.

“Ons kliënte het ons toegelaat om deel van hulle ondernemings te wees en dit is hulle ondersteuning wat ons 25ste verjaarsdag moontlik gemaak het,” sê Fabio.

“Ons trotsste prestasie is die feit dat Scania Suid-Afrika werklik ’n plaaslike onderneming is met ‘n trots Suid-Afrikaanse gees.”

Besoek jou naaste Scania-handelaar vir meer inligting.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0