Categories: NewsPublished On: 27th July 2016

SAA se biobrandstof-projek kry vlerke

By 1 min read
299 words

tobacco

Die staatsondersteunde lugdienste, SAA en Mango, het hulle eerste kommersiële vlugte met ‘n Boeing 737-800 wat deur gemengde biojet brandstof aangedryf is, gevlieg. Dit is die hoogtepunt van ‘n proeftydperk van drie jaar met ‘n nikotien-vrye tabakproduk, naamlik solaris.

Die tabak is gekweek op 60 ha naby Marble Hall in Limpopo, maar die uiteindelike doel is om die aanplantings uit te brei deur Suider-Afrika en ‘n verwerkingsaanleg op te rig om die volumes te hanteer.

Die olie wat uit solaris-sade onttrek word, word tans uitgevoer na AltAir brandstof in Engeland, waar dit verwerk en terug na Suid-Afrika gestuur word as gemengde biojet-brandstof.

SAA se waarnemende hoofuitvoerende beampte, Musa Zwane, sê die teiken is dat die helfte van die lugredery se vliegtuie teen 2023 biojet brandstof moet gebruik.

SAA se omgewingspesialis, Ian Cruickshank, sê ongeveer 97% van die lugredery se koolstofvrystellings is as gevolg van vlieg en slegs 3% van ander bedrywighede, so hulle het geen ander keuse gehad as om te belê in meer omgewingsvriendelike brandstof nie.

Projek Solaris het ten doel om 20-miljoen liter biojet-brandstof teen die einde van volgende jaar te produseer en 500-miljoen liter teen 2023, wat die helfte van die jaarlikse brandstofvereistes van SAA is.

Ian het gesê die voordele van Projek Solaris gaan verder as die vermindering van SAA se koolstofvrystellings. Dit sal ook die lugredery groter beheer oor die prys van sy stralerbrandstof gee, omdat die voorsieningsketting op die plaaslike geldeenheid gegrond is en nie op die dollar nie.

Die projek kan later duisende plaaslike werksgeleenthede in die landboubedryf skep.

Die eerste biojet-brandstof is op klein skaal geproduseer, so dit was duurder as konvensionele brandstof.

Boeing Internasionaal se besturende direkteur vir Afrika, Miguel Santos, het gesê die vliegtuigbedryf wil fokus op die vermindering van geraas en die verbetering van brandstofdoeltreffendheid.

Kyk hier hoe dit werk.

Bron: Bizcommunity

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0