Categories: NewsPublished On: 1st February 2017

SA se appel en peer-uitvoerskattings vir 2017

By 1 min read
239 words
appels en pere

appels en pere 2

‘n Gewone sagtevrugte-seisoen word verwag ondanks droogtetoestande wat sekere produksiegebiede raak. Alhoewel die vrugte se groottes kleiner as gewoonlik is, is die algemene eetkwaliteit baie goed en die kleur lyk belowend in die stadium.

Die oesseisoen het ‘n week later begin in vergelyking met die vorige seisoen. Die algehele verwagting vir die uitvoer van die oes lyk goed met appelvolumes wat verwag word om te verhoog met 3% terwyl peervolumes in lyn met verlede jaar is.

Sagtevrugte uitvoerskattings:

  2012 2013 2014 2015 2016 2017 skatting Skatting vs 2016
Appels 28 672 346 34 740 044 27 127 687 33 063 328 34 063 266 34 940 469 877 203 3%
Pere 14 233 483 15 832 419 16 248 989 15 360 718 17 775 364 17 846 200 70 836 0%
Totaal 42 905 830 50 572 464 43 376 676 48 242 046 51 838 630 52 786 699 948 039 2%

Die verhoging in appelvolumes is as gevolg van nuwe aanplantings en jong boorde wat nou in produksie inkom. Die groot variëteite wat bydra tot die groei in appel uitvoervolumes is Fuji (+7%), Royal Gala/Gala (+3%) en Golden Delicious (+2%).

Ten spyte van die groei in peer-aanplantings die afgelope paar jaar, word daar verwag dat dit hierdie jaar min of meer dieselfde as laasjaar gaan wees. ‘n Afname in uitvoervolumes van Williams Bon Chretien-peer (-16%) word verwag as gevolg van kleiner vruggroottes, ‘n goeie vraag vanaf die inmaakbedryf en ‘n gebrek in die vraag van die Noordelike Halfrond se invoere.

Uitvoervolumes van die volgende pere – Packham’s Triumph (+3%), Forelle (+3%) en Abate Fetel (+5%) word verwag om te verhoog in vergelyking met die vorige seisoen.

‘n Moeilike seisoen in terme van die opbrengs van produsente en winsgewendheidsvlakke word verwag as gevolg van die versterking van die Rand teenoor die belangrikste geldeenhede (US Dollar, UK Pound en Euro).

 

Bron: Hortgro

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0