Categories: NewsPublished On: 27th March 2017

RPO verwelkom spoedige optrede oor Brasiliaanse vleisinvoere

By 1 min read
225 words
meat

fiorentina

raw T-bone on white background

Die nasionale Rooivleisprodusente-organisasie van Suid-Afrika (RPO) wil die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye gelukwens met die vinnige en doeltreffende optrede rakende die vleisskandaal in Brasiliё.

Die RPO beskou die departement en spesifiek die Direktoraat: Veeartsenykundigedienste as ʼn belangrike vennoot van die RPO in die lewering van veilige vleis en vleisprodukte aan die Suid-Afrikaanse verbruiker. Dit is ook verblydend dat die twee lande se veterinêre owerhede so goed saamwerk. Dit is verder verblydend dat ten spyte van die staking van vleisinvoere vanaf sekere vleisverwerkers in Brasiliё, die departement opdrag gegee het dat alle vleisinvoere vanuit Brasiliё by die poort van binnekoms getoets gaan word.

Die RPO maak verder ook gebruik van die dienste van Agri Inspec om op ʼn deurlopende basis vleisinvoere te monitor en voortdurend die invoerlandskap te ondersoek en op die uitkyk te wees vir ongerymdhede. Agri Inspec is ʼn private maatskappy en tree ondersteunend op tot die Suid-Afrikaanse owerheid.

Die RPO wil die Suid-Afrikaanse verbruiker verseker van sy erns om seker te maak dat veilige rooivleis aan die verbruiker beskikbaar gestel word.

Suid-Afrika voer reeds vir ‘n geruime tyd geen skaap- en beesvleis in van Brasilië nie.  Die RPO doen ook ‘n beroep op die verbruiker om Suid-Afrikaanse skaap- en beesvleis te koop aangesien dit ‘n waarborg is van gesonde vleis.  Die Suid-Afrikaanse klassifikasiestelsel verleen verder ‘n waarborg vir higiëniese standaarde.

Bron: RPO

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0