Rou melkproduksie verhoog jaarliks

melkkoei
Volgens ‘n onlangse verslag wat deur Sampro bekendgemaak is, was 2015 se rou melkproduksie in SA 6,37% hoër as in 2014. Dit volg die stygende neiging van die laaste agt jaar (2008 tot 2015), met slegs ‘n daling in 2009.
In die vier jaar van 2011 tot 2015 het die produksie van rou melk met 16,62% verhoog wat baie hoër is as die 3,65% in die vorige drie jaar.
Sampro wys daarop dat die aankoop van rou melk in SA van Januarie tot April 2016 en die geskatte massa gekoop in Mei en Junie 2016 laer is as in dieselfde maande in 2015.
Bron: Bizcommunity