Categories: NewsPublished On: 31st January 2017

Rooivleis en -mieliepryse bly hoog as gevolg van die droogte

By 1 min read
157 words
red meat

fiorentina

raw T-bone on white background

Verlede jaar se droogte sal veroorsaak dat verbruikers nog tot die einde van die jaar goed sal moet opdok vir kos. Die Afrika-boerevereniging van Suid-Afrika (Afasa) het aan News24 gesê dat dit maande sal neem voor pryse van vleis en mielies sal verminder.

“Die meeste veeboere het so baie verloor en hulle sal eers einde volgende jaar se kant weer herstel,” sê Afasa se Limpopo-voorsitter, Tshianeo Mathidi.

Die afgelope tyd se reën het wel weer vir boere hoop gegee. “Reën beteken wel nie hoër pryse is verby nie. Daar word nou eers oorgeplant en die vee is besig om te herstel,” sê Tshianeo.

“Pryse gaan nie nou verminder nie, want daar is minder verskaffers omdat boere minder geproduseer het tydens die droogte.” Intense warm weer en droë toestande in 2015 en 2016 het gewasse verwoes en boere weg van produksie gehou.

“Die meerderheid boere kry swaar na die droogte,” voeg hy by.

Bron: News24 en Bizcommunity

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0