Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 9th March 2026

Ripper Tillage lewer erfenis van landbou-innovasie in die Vrystaat

By 3 min read
533 words

WhatsApp Image 2026-03-26 at 09.53.28

Gevestig in die goudvelde van die Vrystaat, staan Ripper Tillage al 12 jaar lank boere by regdeur die bewerkings-, saai- en stroopseisoen. Wat as ’n familie-onderneming begin het in 1982, het gegroei tot ’n landbou-ingenieursfirma wat oor twee generasies strek, met ’n derde generasie wat reeds in opleiding is.

Hierdie erfenis van kennis en toewyding maak Ripper Tillage ’n betroubare vennoot vir boere wat gehalte en diens waardeer.

Boere se behoeftes ’n groot fokuspunt

Hoewel die maatskappy reeds ’n wye reeks produkte in die mark ingebring het oor die jare, fokus hulle ook op die unieke behoeftes van boere. Ripper Tillage kan spesiale produkte en rywydtes op aanvraag ontwerp en vervaardig, ongeag die omvang van die versoek.

Hul twee persele in Henneman beskik oor die infrastruktuur om alles self te vervaardig. Van groot landbou-implemente soos tafelkarre, planterrame en ripperrame tot landbou-onderdele wat met ’n 16 pd (12 kW)-lasermasjien gesny word.

Christoff Botha, hoof van balkeontwerpe, beklemtoon dat die lasarmasjien staal met ’n dikte van tot 40 mm met gemak kan sny, terwyl Reinier Ferreira, produksie- en werkswinkelbestuurder, toesien dat voorraad en herstelwerk altyd betyds beskikbaar is.

Die vinnige tempo van landbou vereis dat herstelwerk spoedig afgehandel word, of dit nou ’n dis-as is wat gesny moet word, ’n awegaar wat nuwe spirale benodig of draadsny op ’n spesiale bout.

Reinier is ook in beheer van die beplanning om te verseker dat daar genoeg parte en voorraad beskikbaar is vir die spesifieke tyd deur die hele jaar waarin boere hulself bevind.

Tegnologie en kundigheid

Die maatskappy bied ook dienste soos knip, buig en rolwerk van plate, sandstraalwerk (sandblasting) vir ou toerusting, rekenaar-numeriese beheer (CNC)-bewerking (computer numerical control) en elektroplatering. Hierdie kombinasie van moderne tegnologie en praktiese kundigheid verseker dat Ripper Tillage se produkte sterk is en ook jare lank hou.

Verder tree Ripper Tillage op as agente vir verskeie presisielandboumaatskappye, waaronder Precision Planting, 360 Yield Centre, Fieldview, Yetter, XAG Drones, Drago GT-mielietafels en Nardi Sunstorm sonneblomtafels.

Werner Lubbe, bestuurder van Precision Planting.

Werner Lubbe, bestuurder van Precision Planting by Ripper Tillage, is in beheer van die afdeling wat saadmeters toets en akkurate data aan boere verskaf om singulasie en opbrengs te verbeter. Tesame met Fieldview bied hulle datakollektering op planters, spuite en stropers, wat ’n waardevolle hulpmiddel is vir ingeligte besluite. Hulle bou ook ou planters op met die nuutste presisietegnologie en vele opsies vir kunsmistoedienings.

Danie van Jaarsveld hanteer die standaard produksie-eenhede wat in Henneman vervaardig word, insluitend geslote kouters, rollers, rolegtande, windkeerrollers, skottelskoffels en tafelkarre en nog vele meer. Hy en sy span is ook verantwoordelik vir demonstrasies in die veld, die instel van toerusting en die aflewering van produkte.

’n Vennoot vir elke seisoen

Ripper Tillage se sukses lê in hul vermoë om tradisie en innovasie te kombineer. Hulle verstaan die uitdagings van die moderne boer en bied oplossings wat prakties, betroubaar en presies is. Met ’n sterk fokus op diens, gehalte en die behoeftes van boere, het hulle hulself gevestig as ’n belangrike vennoot vir landbou-ondersteuning in die Vrystaat en ander gebiede.

Met hul 12 kW-lasermasjien sny hulle staal wat tot 40 mm dik is.

Besoek gerus hul webstuiste by www.rippertillage.co.za om uit te vind hoe hulle jou kan ondersteun in jou boerdery.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0